Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tartaars.
Die Tartare of Tatare (Russies: татары; Tartaars: татарлар) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die Europese deel van Rusland en die Wolga se middelloop. Hulle praat Tartaars, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Tartare is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.
duimnael|links|Verspreiding van die Tartare duimnael|links|Verspreiding van die Tartare in Rusland volgens die 2010-sensus Tartare vorm die tweede grootste etniese groep in Rusland na die Russe en maak sowat 3,9% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tartare leef in die outonome republieke Tartarstan en Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Oesbekistan, Oekraïne, Kasakstan en Turkye. In Oekraïne bly Tartare veral in die outonome republiek Krim (Krim-Tatare) en in Rusland naas die westelike deel (Wolga-Tartare) veral in Siberië (Siberiese Tartare).
Die eerste verwysing na Tartare verskyn op die Kul Tigin-monument in die Oud-Turkiese skrif as 𐱃𐱃𐰺. Histories verwys die term na 'n verskeidenheid van Turko-Mongoolse semi-nomadiese ryke, wat die Tartarye se uitgestrekte gebied oorheers het. Na die Mongoolse Ryk, wat in 1206 deur Djengis Khan gestig is, en die daaropvolgende Goue Horde is deur Europeërs as Tartare verwys. Die term Tartare is 'n vermenging van die Turkiese volk se eienaam en Tartaros uit die Griekse mitologie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Turkiese volke