Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Krim-Tataars.

Die Krim-Tatare of Krim-Turke (Krim-Tataars: Qırımtatarlar of Qırımlar, Turks: Kırım Tatarları of Kırımlılar, Russies: Крымские Татары of Крымцы, Oekraïens: Кримські Татари of Кримці) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die Krim-skiereiland. Hulle praat Krim-Tataars, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Turks, Oesbekies, Russies of Oekraïens as tweede taal. Die Krim-Tatare is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam.

duimnael|links|Vlag van die Krim-Tatare duimnael|links|Aandeel van die Krim-Tatare op die Krim-skiereiland volgens die Oekraïense sensus van 2001 Krim-Tatare vorm die derde grootste etniese groep in die Krim na die Russe en die Oekraïners, sowat 12,1% van dié skiereiland se bevolking volgens die sensus van 2001. Naas die Krim leef die meeste Krim-Tatare in Turkye, tussen 150 000 en ses miljoen mense. Krim-Tatare verskil aansienlik van ander Tartare en hulle word dus – veral van die Turke in Turkye (Turkye-Turke) – Krim-Turke genoem. Krim-Tataars is ook nader verwant aan Turks as aan Tartaars, omdat dit uit 'n plaaslike variant van Ottomaanse Turks ontwikkel het. Wolfgang Schulze: Krimtatarisch. (PDF; 192 kB), besoek op 17 Maart 2013.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Oekraïne Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Etniese groepe in Turkye Kategorie:Krim Kategorie:Turkiese volke