Stop, wag, bly nog 'n bietjie is die debuutalbum van Afrikaanse popsanger Brendan Peyper. Dit bestaan uit vyftien snitte, waarvan tot datum drie as enkelspelers uitgereik is ("Stop, wag, bly nog 'n bietjie", "Tafelberg vir twee", en "Die perfekte een vir my"). "Hierdie skoen gaan pas" is saam met Ray Dylan opgeneem. Die album is deur die plaatetiket Sony Music Entertainment Africa uitgereik.
Stop, wag, bly nog 'n bietjie is vir drie toekennings genomineer: die Suid-Afrikaanse Musiekpryse vir Beste Popalbum in die kategorie Afrikaans,"#SAMA22: The Nominees For The 2016 South African Music Awards (SAMAs)". 21 April 2016. Besoek op 22 April 2018. en twee keer vir 'n Ghoema-toekenning in die kategorieë Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar.
Snitlys
Verwysings
Eksterne skakels Stop, wag, bly nog 'n bietjie op Apple Music.
Kategorie:Brendan Peyper Kategorie:Suid-Afrikaanse albums