Die nasionale vlag van Mauritanië is op 6 Augustus 2017 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee rooi strepe wat ’n groen veld flanker met ’n geel vyfpuntige ster en halfmaan in die middel van die vlag. Die rooi, groen en geel is drie van die Pan-Afrika kleure.
Simboliek Die kleure en simbole van die Mauritaanse vlag verbind die land met Afrika en Islam. Rooi, groen en geel is drie van die Pan-Afrika kleure en die halfmaan en ster is tradisionele simbole van die Islamitiese geloof. Sommige skrywers meen dat groen ’n helder toekoms en groei kan voorstel, (Vlag van) Mauritanië by Flags of the World URL besoek op 14 Mei 2019. geel die sand van die Saharawoestyn en rooi die bloed in die stryd om Mauritanië se onafhanklikheid van Frankryk.
Ontwerp Die huidige vlag is op 6 Augustus 2017 aanvaar en die oorspronklike ontwerp dateer van 1 April 1959. Dit is onder instruksie van Moktar Ould Daddah bekend gestel, Frankryk: Koloniale Ryk Jaume Ollé and Nozomi Kariyasu, 17 Junie 1998. URL besoek op 14 Mei 2019. en is bekragtig in die grondwet van 1959.
Ander vlae
Soortgelyke vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Mauritanië by Flags of the World.
Kategorie:Mauritanië Mauritanie