Die nasionale vlag van Guinee-Bissau is op 24 September 1973 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met ’n swart vyfpuntige ster in die middel daarvan en twee ewe wye horisontale bane in geel (bo) en groen (onder) aan die wapperkant.

Simboliek Die kleure van die vlag van Guinee-Bissau is ook die Pan-Afrika kleure en die vlag is geïnspireer deur die vlag van Ghana. Verder simboliseer dit die land se onderlinge band en onafhanklikheid van Afrika-lande. Baie ander Afrika-lande het die kleure van die Ethiopiese vlag in gebruik geneem, waarvan Ghana die eerste was om dit te doen.

Elke kleur op die vlag het ook ’n simboliese betekenis. Rooi stel die bloed van diegene voor wat om onafhanklikheid geveg het (wat ironies is aangesien Ghana op ’n vreedsame manier onafhanklikheid verkry het), geel (goud) stel die rykdom van Ghana se natuurlike hulpbronne voor (die naam Goudkus, soos die belangrikste deel van Ghana onder Britse bewind geheet het is ’n goeie aanduiding), groen stel die woude en vrugbare akkers van die land voor en die vyfpuntige swart ster stel die vryheid van Afrika voor.

Ontwerp Die vlag van Guinee-Bissau is basies dieselfde as die vorige vlag van Kaap Verde behalwe dat die vlag van Kaap Verde ’n krans van koringgerwe om die ster het.

Sien ook

Eksterne skakels

Guinee-Bissau by Flags of the World

Kategorie:Guinee-Bissau Guinee-Bissau