Die SPAD S.XIII is 'n Franse dubbeldekker vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was ontwikkel deur Société Pour L'Aviation et ses Dérivés (SPAD) uit die SPAD S.VII. Dit was ontwerp as 'n teenvoeter vir die Duitse vliegtuie wat oor twee masjiengewere beskik het. Die het 'n groter vlerkspan gehad en kragtiger motor terwyl sy vuurkrag ook verdubbel het teenoor die S.VII. Die Franse vlieëniers was gaande oor die vliegtuig en die Franse regering het onmiddellik 2,000 van hulle bestel. Daar was later meer as 8,000 gebou. Die Franse Magte is Mei 1917 met die vliegtuig uit gereik; dit het die S.VII en die Nieuport vervang. Die Franse bobaasvlieëniers soos Charles Nungesser, Fonck en Guynemer het die vliegtuig gebruik.
Behalwe die Franse Lugmag, het die voorloper van die Britse Lugmag, die Royal Flying Corps asook die lugmagte van Italië en België die vliegtuig gebruik. Die Amerikaanse Air Service het ook die vliegtuig gebruik vanaf Maart 1918 en het teen die einde van die oorlog 893 besit. Gedurende 1917 en 1918 het die vliegtuig sy man gestaan teen die Duitse vliegtuie en was eers teen die einde van die oorlog oorskadu deur die Fokker D.VII. Toe die oorlog eindig was 'n bestelling vir nog 10,000 eenhede gekanselleer.
Tegniese besonderhede duimnael| + Besonderhede van die SPAD S.XIII: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerHispano-Suiza 8Be suierenjin Kraglewering per motor220 perdekrag Vlerkspan8,1 m Lengte6,3 m Hoogte2,35 m Vlerkoppervlakte20,2 m2 Maksimum opstygmassa845 kg Maksimum snelheid215 km/h Operasionele hoogte6 650 m Uithouvermoë2 ure Klimvermoë2 000 m in 4 minute en 40 sekondesBewapeningTwee gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewere.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog