Barnard se Lus (ook genoem Sh 2-276) is ’n emissienewel in die sterrebeeld Jagter. Dit is deel van die Orion- Molekulêre Wolkkompleks, wat ook die donker Perdekopnewel en die helder Orion-newel bevat. Die lus is in die vorm van ’n groot boog wat min op meer voor die Orion-newel geleë is. Die sterre in laasgenoemde newel is vermoedelik verantwoordelik vir die ionisering van die lus.

Die lus strek oor sowat 600 boogminute soos van die Aarde af gesien en dek die grootste deel van die Jagter. Dit kan duidelik op foto's met ’n lang beligtingstyd gesien word, maar is ook op ’n baie donker nag met die blote oog sigbaar.

Volgens onlangse ramings is dit óf 518 óf 1 434 ligjare van die Aarde af, wat beteken dit is óf sowat 100 óf 300 ligjare breed. Daar word geglo dit het sowat 2 miljoen jaar gelede in ’n supernova ontstaan wat ook verskeie bekende wegholsterre, soos AE Aurigae, Mu Columbae en 53 Arietis, tot gevolg gehad het. Hulle was vermoedelik deel van ’n veelvoudige ster waarvan een as ’n supernova ontplof het.

Hoewel vroeëre sterrekykers waarskynlik die lus gesien het, is dit genoem na die astrofotograaf Edward Emerson Barnard, wat dit afgeneem en in 1894 ’n beskrywing gepubliseer het.

Verwysings

Bronne Gaylard M.J. (1984), Detection of the H 142-alpha line from the Barnard Loop, Monthly Notices of the Royal Astronomical Society, v. 211, p. 149 Reynolds R.J., Ogden P.M. (1979), Optical evidence for a very large, expanding shell associated with the I Orion OB association, Barnard's loop, and the high galactic latitude H-alpha filaments in Eridanus, Astrophysical Journal, v. 229, p. 942

Eksterne skakels Foto met verskeie newels in die Jagter Encyclopaedia of Astrobiology, Astronomy, and Spaceflight

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Emissienewels Jagter