Die Vlamnewel, ook bekend as NGC 2024 en Sh2-277, is ’n emissienewel in die sterrebeeld Jagter. Dit is sowat 900 tot 1 500 ligjare van die Aarde af.
Die helder ster Alnitak (ζ Ori), die mees oostelike ster van die Jagter se Belt, laat skyn energieke ultravioletlig in die newel en dit stamp elektrone weg van die groot wolke waterstofgas wat daar voorkom. ’n Groot deel van die gloed is ’n gevolg van die elektrone en geïoniseerde waterstof wat weer verenig. Bykomende donker gas en stof lê voor die helder deel van die newel en dit veroorsaak die donker netwerk in die middel van die gloed.
Die Vlamnewel is deel van die groeter Orionkompleks, ’n stervormende gebied wat die bekende Perdekopnewel insluit. In die middel van die newel is ’n sterreswerm met nuut gevormde sterre, waarvan 86% sirkumstellêre skywe het. X-straalwaarnemings deur die Chandra-X-straalsterrewag toon verskeie honderde van die sowat 800 sterre is jong sterre. Die jongste sterre is naby die middel van die swerm gesentreer.
Galery n | naam= Vlamnewel | beeld= NASA-FlameNebula-NGC2024-20140507.jpg | onderskrif= Die Vlamnewel (NGC 2024), gebaseer op infrarooifoto's van die Chandra-X-straalsterrewag en Spitzer-ruimteteleskoop. | soort= Emissienewel | sterrebeeld= Jagter | messier= | tipe= | RK=
Verwysings
Eksterne skakels NGC 2024 at Astrophotography SIMBAD NGC 2024
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Emissienewels Kategorie:Jagter (sterrebeeld) Kategorie:NGC-voorwerpe