Jenna Jameson (gebore Jenna Marie Massoli; 9 April 1974) is ’n Amerikaanse entrepreneur, webkameramodel en voormalige pornografiese aktrise. Sy is al die wêreld se beroemdste aktrise van volwassevermaak en "die Koningin van Porno" genoem.

Jameson het haar bekeer tot die Ortodokse Judaïsme.Reality Series to Document Porn Star Jenna Jameson’s Conversion to Judaism (Report), Variety, 29 Oktober 2015

Loopbaan duimnael|links|160px|Jameson op die XBIZ-prysuitdeling op 24 Januarie 2014. Sy het in 1993 in erotiese video's begin speel nadat sy as ’n ontkleedanseres en glansmodel gewerk het. Teen 1996 het sy die prys as beste nuweling van drie groot pornoprent-organisasies gewen. Sy het sedertdien meer as 35 pryse gewen en is opgeneem in die XRCO (X-Rated Critics Organization) en die tyskrif AVN (Adult Video News) se heldesale.

Jameson het in 2000 die maatskappy ClubJenna vir volwassevermaak gestig saam met Jay Grdina, met wie sy later getroud is. Hulle is intussen geskei. Sy het aanvanklik ’n enkele webblad gehad, maar dit later uitgebrei tot ’n hele webtuiste waarop sy soortgelyke webblaaie van ander sterre bestuur het. In 2001 het sy seksueel eksplisiete video's begin vervaardig. Die eerste, Briana Loves Jenna (met Briana Banks), het op die AVN-prystoekennings van 2003 weggestap met die titel as beste verkoper van 2002 se pornografiese titels. Teen 2005 het haar winste miljoene Amerikaanse dollars beloop.

Jameson het ook die hoofstroom-vermaakbedryf betree en ’n klein rol in Howard Stern se 1997-rolprent Private Parts vertolk. Daarna het sy in verskeie televisieprogramme opgetree of dit help aanbied. Playboy TV het haar werklikheidsprogram Jenna's American Sex Star aangebied waarin voornemende pornosterre meegeding het om ’n ClubJenna-kontrak. Haar outobiografie van 2004, How to Make Love Like a Porn Star: A Cautionary Tale, was ses weke lank op The New York Times se topverkoperlys.

Jameson het op die AVN-toekenningsaand van 2008 aangekondig sy tree uit die pornografiebedryf en sal nooit weer terugkeer nie. Hoewel sy nie weer in ’n pornofliek verskyn het nie, werk sy sedert 2013 as ’n webkameramodel.

Verwysings

Eksterne skakels

Profiel by AVN Profiel by Biography.com Profiel by playboy.com

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Pornografiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu