Die XBIZ-pryse word jaarliks toegeken aan individue, maatskappye, akteurs en produkte wat ’n belangrike rol gespeel het in die groei en sukses van volwassevermaak. Dit word deur die uitgewer en stigter van XBIZ, Alec Helmy, beskryf as "gebore uit die bedryf se behoefte aan ’n toekenningsgeleentheid wat nie net alle fasette van die bedryf insluit nie, maar een wat dit in ’n professionele lig voorstel en met klas huldig".

Oorsig Die pryse word deur die pornografiese vaktydskrif XBIZ georganiseer en is in 2003 die eerste keer toegeken. Die benoemings word deur kliënte gedoen en die wenners deur XBIZ-personeel, bedryfskollegas en deelnemende organisasies gekies. Die pryse is aanvanklik vir uitmuntendheid in die die aanlyn volwassebedryf geskep, maar in onlangse jare word videokategorieë ingesluit.

Die XBIZ-pryse is al vergelyk met die Golden Globes in die hoofstroomrolprentbedryf. Die getal pryse het oor die jare vermeerder totdat daar sedert 2014 meer as 150 kategorieë is.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Pornografie Kategorie:Rolprentpryse