Achille Valenciennes (9 Augustus 1794 – 13 April 1865) was 'n Franse dierkundige.Jean-Jacques Amigo, « Valenciennes (Achille) », in Nouveau Dictionnaire de biographies roussillonnaises, vol. 3 Sciences de la Vie et de la Terre, Perpignan, Publications de l'olivier, 2017, 915 p. ()
Valenciennes is in Parys gebore en het onder Georges Cuvier gestudeer. Valenciennes het parasitiese wurms in mense bestudeer en 'n belangrike bydrae gelewer tot parasitologie. Valenciennes het ook 'n verskeidenheid taksonomiese klasiifikasies gedoen en fossiele met bestaande spesies verbind.
Hy het saam met Cuvier gewerk aan die 22-volume Histoire Naturelle des Poissons, ("Natural History of Fish") (1828–1848), en later alleen, nadat Cuvier oorlede is in 1832. Lachaise; Valenciennes Achille (1794–1865)-biography In 1832 het hy vir Henri de Blainville (1777–1850) opgevolg as voorsitter van die Histoire naturelle des mollusques, des vers et des zoophytes by die Muséum national d'histoire naturelle.
Vroeg in sy loopbaan is hy deur Alexander von Humboldt (1769–1859) versoek om diere te beskryf en te klassifiseer, wat laasgenoemde op sy reistogte in die Amerikaanse trope gevind het. Dit het tot 'n lewenslange vriendskap tussen die twee gelei. Larousse Encyclopedia (translated biography) Valenciennes is die binomiale kenner van verskeie visspesies.
Hy het ook tot herpetologie 'n bydra gemaak, deur twee nuwe reptielspesies te beskryf. The Reptile Database. www.reptile-database.org.
Die Orgaan van Valenciennes, 'n deel van die anatomie van die vroulike Nautilus-genus, wat se doel nog steeds onbekend is, is na hom genoem.
'n Spesie van die akkedisse, Anolis valencienni, is na hom genoem. Beolens, Bo; Watkins, Michael; Grayson, Michael (2011). The Eponym Dictionary of Reptiles. Baltimore: Johns Hopkins University Press. xiii + 296 bl. . ("Valenciennes", bl. 271).
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Franse bioloë Kategorie:Dierkundiges Kategorie:Geboortes in 1794 Kategorie:Sterftes in 1865