V is 'n Amerikaanse wetenskapsfiksie-minireeks wat twee seisoene lank, tussen 3 November 2009 en 15 Maart 2011, deur die American Broadcasting Company (ABC) uitgesaai is. Die reeks is vervaardig deur The Scott Peters Company, HDFilms en Warner Bros. Television.
V is 'n herbewerking van 'n vroeëre minireeks van 1983 met dieselfde naam. Die nuwe reeks, wat deur die vervaardiger Kenneth Johnson geskep is, beskryf die aankoms van 'n tegnologies hoogs gevorderde buiteaardse ras in mensgedaante met reusagtige ruimteskepe in 29 aardse Metropole in November 2009. Terwyl die vreemdelinge onder leiding van die aantreklike Anna belowe dat hulle vreedsame doelwitte het en onder meer gevorderde geneeskundige metodes met die mensheid deel, kom 'n klein groep weerstandsvegter agter die besoeker se ware plan. Hulle is in werklikheid 'n ras van reptielagtige wesens wat al jare lank regerings en instellings op die Aarde geïnfiltreer het en van plan is om die planeet te verower.
Kategorie:Televisieprogramme