duimnael|250px|Tortellini in ’n sop.

Tortellini, ook bekend as giorgio of ombelico, is ’n ring- of naeltjievormige pasta.The Oxford Companion to Italian Food by Gillian Riley Dit word gewoonlik gevul met ’n mengsel van vleis of kaas. Dit het sy oorsprong in die Italiaanse streek Emilia (veral Bologna en Modena). Dit word gewoonlik in ’n helder sop van óf bief óf hoender voorgesit.

Tortelloni is soortgelyk, maar groter – gewoonlik sowat 5 g teenoor 2 g vir tortellini.Barilla US (manufacturer) FAQ Tortelloni word voorgesit met ’n kaas- of groentevulsel; vleisvulsels is minder algemeen. Dit word ook selde in ’n sop gebruik.

Verwysings

Eksterne skakels Tuisgemaakte tortellini – oorspronklike resep van ’n kookskool in Bologna

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Italiaanse kookkuns Kategorie:Pasta