Melania Trump ([məˈlɑːniə]; gebore as Melanija KnavsThe Washington Post, 30 September 2015: Meet Melania Trump, a New Model for First Lady. Besoek op 10 September 2017 [mɛˈlaːnija ˈknaːu̯s] op 26 April 1970 in Novo Mesto, Slowenië; later gewysig tot Melania Knauss, was van 2017 tot 2021 en weer sedert Januarie 2025 die Eerste Dame van die Verenigde State gedurende die presidentskap van haar eggenoot, Donald Trump.
Voordat sy in 2005 met die toekomstige 45ste President Trump getroud is, het sy 'n loopbaan as fotomodel gevolg. In 2016 het sy haarself as 'n "voltydse ma" beskryf. As boorling van Slowenië het Melania Knauss vanaf 2001 permanente verblyfstatus in die VSA verkry. Vyf jaar later het sy Amerikaanse burgerskap aanvaar.
duimnael|links|280px|Melania Trump tydens die presidensiële besoek aan die Volksrepubliek China in November 2017 duimnael|links|280px|Die welsyn van kinders staan sentraal in Melania Trump se Be Best-veldtog wat op 7 Mei 2018 geloods is Melania Trump was die eerste genaturaliseerde Amerikaanse burger wat die ere-amp van Eerste Dame beklee het, en die tweede Eerste Dame na Louisa Adams (die eggenote van John Quincy Adams, die sesde President van die Verenigde State vanaf 1825 tot 1829, wat in Londen gebore is) wat oorsee gebore is.
As Eerste Dame van die Verenigde State sien Melania Trump veral om na die belange van kinders.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Dames van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Slowene Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense