Die Kawasaki Ki-45 (: 屠龍) is 'n tweemotorige, Japannese vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig is gebou in antwoord op 'n Japannese spesifikasie vir 'n tweemotorige vegvliegtuig met 'n lang togafstand. Die prototipe het sy nooiensvlug in Januarie 1939 voltooi maar aanhoudende probleme met die motors het tot gevolg gehad dat produksie eers in September 1941 'n aanvang kon neem. Hierdie model was bekend as Ki-45 Kai Toryu, kai is kort vir kaizo (gemodifiseer) en Toryu beteken draak jagter. Die tweesitplek Toryu is in Augustus 1942 in diens gestel en was betrokke in sy eerste aksie in Oktober 1942.

Die Ki-45 het 'n aantal Consolidated B-24 Liberators afgeskiet en was toe aangepas as 'n nagvegter nadat die Geallieerdes hulle aanvalle na die nag verskuif het. Die nagvegter se sukses het daartoe gelei dat 'n spesiale model, die Kai-C ontwerp is met 'n kanon wat skuins opwaarts vuur. Op 15 Junie 1944 het die Ki-45 sewe Boeing B-29 Superfortresse afgeskiet. In Mei 1944 was die Ki-45 vir die eerste keer gebruik vir Kamikaze aanvalle. Daar was 1701 eenhede van die vliegtuig gebou.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Kawasaki Ki-45 Kai-C Toryu: Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mitsubishi Ha-102 14-silinder, twee rye stermotor Kraglewering per motor 1 080 perdekrag Vlerkspan 15,05 m Lengte 11,00 m Hoogte 3,7 m Vlerkoppervlakte 32,0 m2 Maks. opstygmassa 5 500 kg Maksimumsnelheid 545 km/h Operasionele hoogte 10 000 m Togafstand 2 000 km Klimvermoë 700 m per minuut Bewapening Twee 12.7 mm masjiengewere tussen kajuite teen 30°twee 12.7 mm masjiengewere en een 20 mm kanon in neusplus een 7.92 mm masjiengeweer wat agtertoe wys.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog