Hierdie is 'n opgawe van tegniese terme, benamings, "duikertaal" en akronieme wat tans in onderwaterduik gebruik word. Die definisies hieronder gelys moet in die konteks van onderwaterduik verstaan word. Daar mag ook verskillende betekenisse in ander kontekste bestaan.
Die lys is alfabeties opgestel volgens die Engelse term, direk gevolg deur die Afrikaanse vertaling waar beskikbaar, gevolg deur 'n kort definisie of beskrywing.
A AA6061 - onvertaalbaar (materiaalkode)
Aluminiumlegering 6061 (nie onderhewig aan volgehouelas-kraking nie). Word tans (2017) gebruik vir die vervaardiging van nuwe duiksilinders.
AA6351 - onvertaalbaar (materiaalkode)
Aluminiumlegering 6351. Hierdie legering is onderworpe aan volgehouelas-kraking en vereis periodieke werwelstroomtoetsing. Nie meer gebruik vir die vervaardiging van nuwe silinders nie, maar baie silinders van hierdie legering is steeds in gebruik.
absolute pressure - absolute druk
Totale statiese druk by die verwysingspunt: Druk relatief tot vakuum.
A-clamp adaptor - A-klempasstuk A-clamp fitting - A-klempassing A-clamp valve - A-klemklep
Sien juk~passing/~klep/~passtuk
active addition - aktiewe toevoeging
Stelsel vir semi-geslotelus asemhalingsgashersirkuleerder toevoer-gas-toevoeging waarin gas by die asemhalingslus deur 'n meganisme gevoeg word, ongeag huidige volume, en oortollige gas uitgelaat word om die lusvolume binne perke te hou. Vergelyk met passiewe toevoeging.
activated carbon - geaktiveerde koolstof activated charcoal - geaktiveerde houtskool
'n Filtermedium wat gebruik word om olie, water en reuke uit asemhalingsgas te verwyder.
Australian Diver Accreditation Scheme (ADAS) - onvertaalbaar (eienaam)
'n Internasionale kommersiële en beroepsduikersertifiseringskema in Australië gebaseer.
adjustable buoyancy life jacket (ABLJ), horse collar buoyancy compensator - verstelbare-dryfkragreddingsbaadjie?
'n Kombinasie van 'n dryfkragkompensator en 'n opblaasbare reddingsbaadjie wat oor die bors en om die nek gedra word.
A-frame - A-raam
Deel van 'n Lansering- en herwinningstelsel. Bokraan of kraanbalk vir die lansering en herwinning van duikklokke, duikmandjies, ankers of groot ROV's. Gewoonlik ontplooi deur hidrouliese arms wat die raam oor die dek swaai of oorboord soos benodig. Die las word gehys en laat sak deur kabels vanaf die bokant van die raam.
AGE - AGE see arterial gas embolism - arteriese gasembolisme
aggressive (decompression) - aggressief (dekompressie)
Dekompressieprofiel wat neig tot korter algehele dekompressietyd vir 'n gegewe voorstygende duikprofiel, wat 'n verhoogde risiko van dekompressiesiekte aanvaar om die algehele opstygtyd te verminder.
Ai AIDA - onvertaalbaar (eienaam)
air dome - lugkoepel
'n Gedeelte van 'n grot waar lug of ander gas aan die bokant van die grot vasgedruk word. Hierdie gas is nie direk met die buitelug verbind nie. Boonste deel van 'n natklok wat asemhalingsgas bo 'n vrye oppervlak hou waarin die duikers hul koppe kan lig.
airlift - lughyser? lugligter
'n Pyptoestel wat deur duikers gebruik word om klein voorwerpe, sand en modder van die seebodem te suig en die gevolglike puin opwaarts en weg van die bron te vervoer. Lug word in die onderpunt van die pyp ingespuit en die stygende borrels dra water saam en veroorsaak 'n opwaartse vloei wat die materiaal van die bodem wegtrek.
air top - lugaanvulling
Afronding van 'n beplande asemgasmengsel deur dit op te vul met saamgeperste lug. Aanvulling van 'n gedeeltelik-gebruikte asemhalingsgasmengsel met saamgeperste lug, wat 'n ander mengsel gee wat na die vul ontleed word.
algal bloom - algopbloeiing, algebloei see also red tide
'n Vinnige toename of akkumulasie in die algbevolking (tipies mikroskopies) in 'n waterstelsel. Sommige opbloeiings kan herken word aan verkleuring van die water as gevolg van die hoë digtheid van gepigmenteerde selle. Onderwater-sigbaarheid kan ernstig benadeel word oor 'n tydperk van ure tot dae.
alternative air source - alternatiewe lugbron
'n Sekondêre lugvoorsiening of ander geskikte asemgas wat aan die duiker beskikbaar is in 'n noodgeval.
alternobaric vertigo - alternobariese duiseligheid/ alternobariese vertigo? drukverskilduiseligheid?
Duiseligheid veroorsaak deur 'n drukverskil tussen die middelore.
altitude diving - hoë-hoogteduik
Duik op 'n plek waar die wateroppervlak op so 'n hoogte is, dat dit die aanpassing van dekompressieskedules vereis. (meer as sowat 300 m bo seespieël)
ambient pressure - omgewingsdruk
Omgewingsdruk
anchor - anker
'n Toestel wat gebruik word om 'n vaartuig aan die bodem van 'n waterliggaam te verbind om te verhoed dat die vaartuig weens wind of stroming wegdryf. Permanente ankers word gebruik vir vasmering, en word selde verskuif; 'n spesialisdiens is gewoonlik nodig om hul te beweeg of in stand te hou. Vaartuie dra een of meer tydelike ankers, wat van verskillende ontwerp en massa kan wees. 'n See-anker is 'n sleepweerstandtoestel, nie in kontak met die seebodem nie, wat gebruik word om 'n drywende vaartuig te beheer.
anchor winch - verankeringswenas
'n Masjien wat 'n anker neerlaat of ophys deur die ankerkabel uit te laat of in te trek.
anoxia - suurstofgebrek, anoksie anoxic - suurstofloos, suurstofvry, anoksies
Totale gebrek aan suurstof.
Association of Offshore Diving Contractors (AODC) - onvertaalbaar (eienaam)
Een van die voorgangers van die IMCA.
aphasia - spraakverlies
'n Gestremdheid van taalvermoë wat wissel van probleme om woorde te onthou, tot om heeltemal nie te kan praat, lees of skryf nie.
apnea, apnoea - asemhalingstilstand apnee
Opskorting van asemhaling, asemhou. Vryduik
Aqua-lung - duiklong skuba skuba-stel
Onafhanklike oopbaan-onderwaterasemhalingtoerusting wat bestaan uit 'n duiksilinder en duikreguleerder. Oorspronklik die Cousteau-Gagnan-stelsel, later generiese oopbaan-scubastel.
Ar arterial bubble model - arteriese borrelmodel
Dekompressiemodel waarin die filtreerkapasiteit van die long veronderstel is om 'n drempelradius met die grootte van 'n rooibloedsel te besit en dekompressieborrels wat klein genoeg is kan na die arteriële kant van die sistemiese sirkulasie deurdring, veral tydens die aanvanklike fase van opstyg.
arterial gas embolism - arteriese gasembolisme, slagaar gasverstopping?
Blokkering van 'n slagaar deur 'n gasborrel. 'n Moontlike gevolg van longoordrukbesering.
articulated loading platform (ALP) - geartikuleerde laaiplatform
Soort enkelpuntafmering bestaande uit 'n drywende bostruktuur met 'n vakwerkpoot wat deur 'n artikulerende gewrig verbind word met 'n afmeringsblok.
AR vest - AR-baadjie
'n Baadjieharnas van swaar lap met sterk verstelbare bande wat sorg dat die duiker nie onder enige voorspelbare omstandighede kan uitgly nie.
ascent - opstyging, styging
Deel van die duikprofiel waar die duiker opwaarts beweeg na die oppervlak. 'n Styging kan onderbreek word deur "stop", wanneer die duiker 'n funksioneel konstante diepte vir die doeleindes van dekompressie handhaaf, en "trek", gedurende watter periodes daar konstant opwaartse beweging is (klein variasies in die skaal van 'n paar sekondes word oor die algemeen geïgnoreer)
ascent rate - stygtempo
Die tempo waarteen die diepte verminder word aan die einde van 'n duiktog. 'n Belangrike komponent van dekompressie.
ascent time - stygtyd
Die totale tyd wat geneem word om te styg, insluitend in-water-dekompressie. Nie noodwendig die tyd wat van die diepste punt van die duik geneem word nie.
Association of SCUBA Service Engineers and Technicians (A.S.S.E.T.)
athwartships -
Dwars oor die vaartuig.
atmospheres absolute, (ATA)
Eenheid van absolute druk gelykstaande aan standaard-atmosferiese druk
atmospheric diving suit (ADS) - atmosferiese duikpak?
'n Klein enkelpersoon-geartikuleerde dompelvaartuig van antropomorfiese vorm wat lyk soos 'n gewapende pak<1--gepanserde harnas?-->, met uitgebreide drukgewrigte om artikulasie toe te laat terwyl 'n interne druk van een atmosfeer behou word.
attack swimmer - aanvalswemmer?
automatic diluent valve (ADV) - outomatiese verdunnerklep
'n Aanvraagklep in die asemhalinglus van 'n (rebreather) om verdunningsgas in die lus te spuit wanneer die lusvolume val en daar is nie genoeg gas vir inaseming nie.
Autonomous diver - selfstandige duiker
EN 14153-2 / ISO 24801-2 standaardbevoegdheid vir 'n ontspanningsduiker. Die vlak 2 "selfstandige duiker" het genoeg kennis, vaardigheid en ervaring om in oopwater te duik, wat nie in-water dekompressie benodig nie, tot 'n aanbevole maksimum diepte van 20 m, saam met ander duikers van dieselfde vlak, slegs indien toepaslike ondersteuning op die oppervlak beskikbaar is, en onder omstandighede wat gelyk of beter is as die omstandighede waarin hulle opgelei is, sonder toesig van 'n duikinstrukteur, tensy hulle addisionele opleiding gekry het of vergesel word deur 'n duikleier.
Azimuth thruster - asimut-stuwer?
Stuwer wat op 'n vertikale as stuurbaar is.
B back gas - ruggas ?
Asemgas wat deur 'n skubaduiker in ruggemonteerde silinders gedra word. Gewoonlik die primêre asemhalingsgas vir die diepste of langste sektor van 'n duik.
back kick, backward kick - truskop?
'n Vintegniek om agteruit te beweeg. Nie 'n maklike, kragtige of elegante skop nie, maar nuttig in baie situasies. Die vinne is buitewaards gerig in teenoorgestelde rigtings, met die bene reguit, dan opwaarts en na die duiker gebring deur die knieë in die kragslag te buig. Die knieë kan terselfdetyd 'n bietjie afwaarts beweeg deur buiging van die heupe vir stabiliteit. By die terugslag word die vinne agteruit in lyn met die liggaamsas gerig, om voorwaartse stukrak te verminder totdat die bene weer reguit is.
backmount, back mount - rugmontering (s.nw.)/ rugmonteer (ww.)
Die praktyk om 'n scuba-stel op die duiker se rug te dra, ondersteun deur 'n harnas, rugplaat of stabiliseerbaadjie BCD. Vergelyk met symontering.
backplate - rugplaat
'n Plaat, gewoonlik uit metaal gemaak, wat teen die duiker se rug rus en waaraan die primêre duiksilinders geheg is. Teen die lyf vasgehou deur bande oor die skouers en om die middel te trek, en soms ook 'n mikband en borsband. Gewoonlik met 'n rugopblaasdryfkompensatorsel gebruik.
backpack - rugpak, rugraam?
'n Stywe of semi-stywe struktuur met 'n funksie soortgelyk aan 'n rugplaat, gewoonlik gevorm van plastiek, maar soms van metaal, wat ook gebruik word as 'n verstewiger en versterking vir 'n baadjie-dryfkragkompenseerder of as basis van duiktuig onafhanklik van 'n dryfkragkompenseerder. Die rugpak ondersteun en stabiliseer die scubasilinder op die duiker se rug.
backup light - rugsteunlig
Duiklig gedra as 'n spaar om in die geval van mislukking van die primêre lig te gebruik.
backup regulator - rugsteunreguleerder
'n Tweede reguleerder gekoppel aan 'n silinder of gekoppelde tweelingstel.
backward roll entry, backward roll, back roll entry - agteruitrol-toegang?
Watertoegangsmetode waarin die sittende duiker agteroor van die boot afrol, sodat die skubasilinders die water eerste binnegaan.
bailout block - noodgasblok? see also gas block, or gas switching block - gasomskakelblok?
'n Gasskakelblok wat spesifiek bedoel is vir die aansluiting van 'n noodgasstelsel op die hoofgasvoorsiening (wat skuba of oppervlaktoevoer kan wees), wat die duiker in staat stel om van hoofgastoevoer na noodtoevoer te skakel, terwyl dieselfde mondstuk, aanvraagklep, volgesigs-masker of helm voortdurend gebruik word. 'n noodgasblok word meestal gebruik op oopbaanasemhalingsapparaat, die ekwivalente funksie op 'n hersirkuleerapparaat word voorsien deur 'n noodgasklep. Die noodgasblok kan teen die kant van 'n duikhelm of volgesigsmasker gemonteer word, of kan op 'n gerieflike plek op die duiker se harnas gemonteer word, en sluit 'n noodgasklep in wat gebruik word om die gasbron te kies en een of meer terugslagkleppe om te verseker dat die noodtoevoer slegs aan die duiker gerig word.