Sir Frederick Carrington (1844–1913) was 'n Britse offisier met die rang van Generaal-majoor. Hy is gebore in Cheltenham, Engeland. Hy arriveer in 1875 in Suid-Afrika. Sy eerste veldtog was in Griekwaland-Wes. Daarna was hy betrokke in die Galeka-veldtog in 1877. Hier bring hy die Frontier Light Horse op die been wat hy ook aanvoer. Hy was die kommandant van die Transvaalse Vrywilligerkorps wat Sekoekoenie se vesting aanval. Hy was die aanvoerder by Mafeteng in die Gewere-oorlog waar hy ook swaar gewond is.

In 1884 voer hy die Second Mounted Rifles aan en 1888 was hy kommandant van die opgekommandeerde swartmans in die Zoeloe-onluste. Hy was die bevelvoerende offiser in die Matabele-opstand van 1896. Hy word kommandant van die Betsjoeanalandse Grenspolisie in 1893. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy die bevelvoerder van 'n Rhodesiese mag wat Transvaal uit die noorde moes aanval. Hy is in 1913 oorlede. Sy dogter is die skryfster Dorothy Carrington.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Britse militariste Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1844 Kategorie:Sterftes in 1913