__NOTOC__
Die Nwanedzirivier is 'n oosvloeiende rivier in die verre-ooste van die Krugerwildtuin, Mpumalangaprovinsie, Suid-Afrika. Dit dreineer die Lebomboberge en omstreke digby die Mosambiekgrens, in die noordelike opvanggebied van die Komatirivier.
Vir voëlliefhebbers is daar 'n netjiesgeboude uitsigpunt oor 'n poel van die Sweni, met 'n stappaadjie net bokant die Nwanedzi-piekniekplek oos van Satara-ruskamp.
In Tsonga sou "N'wanetsi" na die weerkaatsing van maanlig of sterre verwys,Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park: N'wanetsi, p. 51, Floors van der Wateren (April 2018) en dit moontlik weens sodanige weerkaatsing op 'n waterbron waar mense eertyds gewoon het. Die Sjangaans het 'n soortgelyke woord wat "spruit" beteken.
Sytakke Die sytakke is: Swenirivier Msimbitsaneni-spruit Shishangani-spruit Shitsakana NhlanguleniPocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park, Floors van der Wateren, April 2018 Mtomene Gudzanispruit
Monding
Eksterne skakel Google-kaart van die Nwanedzirivier se samevloei by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Komati-sytakke Kategorie:Krugerwildtuin