Die Swenirivier is 'n klein takrivier, maar wel die grootste sytak van die Nwanedzi in die oostelike Nasionale Krugerwildtuin, Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier ontspring op die basaltvlaktes suid van Satara-ruskamp, en vloei naby die Lebombo in die Nwanedzirivier. Die rivier het drie bolope, almal Sweni genaamd, wat oos- tot noordooswaarts in die oostekant van die wildtuin vloei.
Vir voëlliefhebbers is daar 'n netjiesgeboude uitsigpunt oor 'n poel van die Sweni, met 'n stappaadjie net bokant die Nwanedzi-piekniekplek.
F.V. Kirby het die rivier in 1896 benoem.Pocket Guide to the Placenames of the Kruger National Park: Sweni, p. 76, Floors van der Wateren (April 2018) Dit is afgelei van die Tsonga-woord "swinya" wat beteken om jou oë styf toe te hou. Daar is ook 'n Sweni-watergat en -tentekamp in die wildtuin.
Monding
Eksterne skakel Google-kaart van die Swenirivier se samevloei by Geonames.org (cc-by)
Verwysing
Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Komati-sytakke Kategorie:Krugerwildtuin