Die Gloster Gladiator is 'n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die eerste paar maande van die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die laaste dubbeldekker wat die Britse Lugmag in diens gestel het en was tegnies verouderd toe dit in diens gestel was. Hulle is grootliks vervang met Spitfires en Hawker Hurricanes toe die Duitse magte Frankryk in Mei 1940 ingeval het. Die oorblywende Gladiators was magteloos teen die Duitse monovlerkvegters.
In Noorweë het 263 Eskader egter steeds met die Gladiators geveg. Vlieënier Jacobsen het op een dag vyf Duitse vliegtuie afgeskiet. Dit is egter tragies dat 263 Eskader se vliegtuie vernietig is toe die skip waarmee dit vervoer is gekelder word deur die Duitse Vloot. Slegs twee vlieëniers het oorleef.
Gladiators van 247 Eskader te Roborough het Plymouth en sy hawegebied beskerm tydens die Slag om Brittanje. In Junie 1940 het 'n paar Gladiators Malta beskerm en was ook in aksie teen die Italiaanse Magte in Egipte. Gladiators het in die Westelike Woestyn bly veg tot vroeg in 1942.
Sommige was toegerus met arresteerhake en het diens gedoen in die Britse Vloot vanaf Desember 1938. Later is volledige vloot-Gladiators ontwikkel, toegerus met toerusting om 'n katapult te kan gebruik op vliegdekskepe. Nadat hulle uit die gevegsfront onttrek is, is die vliegtuie vir kommunikasie en meteorologiese dienste aangewend tot in 1944.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Gloster Gladiator Mk I: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Bristoll Mercury IX lugverkoelde stermotor Kraglewering per motor 840 perdekrag Vlerkspan 9,83 m Lengte 8,36 m Hoogte 3,15 m Vlerkoppervlakte 30,01 m2 Maks. opstygmassa 2 155 kg Maks. snelheid 407 km/h Operasionele hoogte 10 060 m Togafstand 547 km Klimvermoë 6095 m in 9 minute en 30 sekondes Bewapening Twee 7.7 mm masjiengewere in neusplus twee in vlerk
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bronnelys Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog