Achille Eugène Finet (1863, Argenteuil – 1913, Parys) was 'n Franse plantkundige wat bekend was vir sy studie van orgideë wat inheems is aan Japan en China.JSTOR Global Plants Finet, Achille Eugène (1863–1913)

Binne die familie Orchidaceae was hy die taksonomiese gesag van die genera Arethusantha, Hemihabenaria, Monixus en Pseudoliparis asook van talle orgideespesies. Saam met François Gagnepain het hy 'n aantal plantspesies van die familie Annonaceae beskryf.IPNI List of plants described & co-described by Finet

In 1925 het Hu Xiansu die orgideë genus Neofinetia tot sy eer vernoem.Google Books Smith & Hawken 100 Orchids for the American Gardener by Elvin McDonald

Geselekteerde Werke Orchidées nouvelles de la Chine, 1897 – New orchids native to China. Sur le genre Oreorchis Lindley, 1897 – On the genus Oreorchis Lindl.. Orchidées recueillies au Yunnan et au Laos, 1898 – Orchids collected in Yunnan and Laos. Les orchidées du Japon, principalement d'après les collections de l'herbier du Muséum d'histoire naturelle de Paris, 1900 – Orchids of Japan, principally from herbarium collections at the Muséum d'histoire naturelle in Paris. Les orchidées de l'Asie orientale, 1901 – Orchids of eastern Asia. Contributions à la flore de l'Asie orientale, 1907 (with François Gagnepain) – Contributions to the flora of eastern Asia.OCLC Classify (publications)

Die standaard skrywers afkorting Finet word gebruik om hierdie individu as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Verwysings

Kategorie:Wetenskaplikes Kategorie:Botanici Kategorie:Geboortes in 1863 Kategorie:Sterftes in 1913