duimnael|regs|Joseph Bory Latour-Marliac
Joseph Bory Latour-Marliac (6 Maart 1830 in Granges-sur-Lot, Lot-et-Garonne – 26 Januarie 1911, botaniese skrywers-afkorting: Lat.-Marl.) was 'n Franse prokureur en tuinboukundige wat bekend was vir die teling van hibriede waterlelies. Latour-Marliac het in 1875 'n waterlelie-kwekery in Le Temple-sur-Lot gestig. 'n Uitstalling van sy plante by die 1889 Exposition Universelle in Parys, het die aandag van die skilder Claude Monet getrek, wat daarna waterlelies vir sy tuin in Giverny by Latour-Marliac verkry het.Eyewitness Travel Family Guide France, Penguin Books, 2014, p. 273
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Verwysings
Kategorie:Wetenskaplikes Kategorie:Botanici Kategorie:Geboortes in 1830 Kategorie:Sterftes in 1911