Ernest Brown Babcock (10 Julie 1877 – 8 Desember 1954) was 'n plantgenetikus van die Verenigde State, wat 'n pionier was vir die begrip van plantevolusie in terme van genetika. Hy is veral daarvoor bekend dat hy gepoog het om deur veldondersoeke en uitgebreide eksperimente, die hele poliploïede apomiktiese genus Crepist (waarin hy 196 spesies onderskei het) te probeer verstaan.Hy het meer as 100 artikels en boeke tydens sy loopbaan gepubliseer wat plantgenetika verduidelik, waaronder die seminale handboek (met Roy Elwood Clausen) "Genetics in relation to agriculture".

Die standaard skrywer afkorting Babc. word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Verwysings

Bron Carey, C.W. 2000. Babcock, Ernest Brown. American National Biography Online. Oxford University Press

Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Botanici Kategorie:Genetici Kategorie:Geboortes in 1877 Kategorie:Sterftes in 1954