Bing Crosby (3 Mei 1903 – 14 Oktober 1977) was 'n Amerikaanse sanger en rolprentakteur, bekend as neuriesanger en vir die talle komiese flieks waarin hy saam met Bob Hope verskyn het. Hy word beskou as een van die gewildste en invloedrykste figure in die 20ste eeu regoor die wêreld.Communications, Museum of Broadcast (2004). The Museum of Broadcast Communications Enciclopedia of Radio. Fitzroy Dearborn. Hy is veral bekend vir die liedjie White Christmas uit die rolprent Holiday Inn (1942).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Harry Lillis Crosby Jr. is op 3 Mei 1903 in Tacoma in die deelstaat Washington gebore. Hy was Rooms-Katoliek van oortuiging.Bing Crosby as Father O'Malley
Crosby se sangloopbaan het oor nagenoeg vyftig jaar gestrek en hy het meer as 1000 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Hy is bekend vir die skep van die musiekstyl wat John Lennon, Elvis Presley, Perry Como, Frank Sinatra en Dean Martin later gekopieer het.https://www.nytimes.com/2001/01/28/books/music-bing-crosby-the-unsung-king-of-song.htmlGilliland, John (1994). Pop Chronicles the 40s: The Lively Story of Pop Music in the 40s (audiobook). . OCLC 31611854. Kasset 1, kant B. Volgend Crosby is die styl deur Al Jolson geïnspireer. Sy liedjie White Christmas, wat deur Irving Berlin geskryf is, het die "beste verkoopte album van alle tye" geword.
Crosby se gewildheid regoor die wêreld was van so aard dat in 'n onderhoud met Dorothy Masuka, die topverkoper-Afrikakunstenaar in Afrika, sy gesê het: "Net Bing Crosby, die beroemde Amerikaanse kronie-sanger, het meer plate verkoop as ek in Afrika." Sy groot gewildheid in Afrika het daartoe gelei dat ander Afrika-sangers hom navolg, soos Dolly Rathebe, Masuka en Míriam Makeba, wat plaaslik bekend staan as 'The Bing Crosby of Africa' al is sy 'n vrou.Music, International Association for the Study of Popular (August 1998). Popular Music: Intercultural Interpretations. Graduate Program in Music, Kanazawa University. .
Die gasheer Mike Douglas het in 1975 in 'n onderhoud gesê: 'Gedurende my dae in die vloot in die Tweede Wêreldoorlog, onthou ek dat ek in die strate van Calcutta, Indië, aan die kus gestap het, dit was 'n eensame nag, so ver van my huis en van my nuwe vrou, Gen. Ek het iets nodig gehad om my gemoed op te wek. Toe ek verby 'n Hindoe stap wat op die hoek van 'n straat sit, hoor ek iets verbasend bekend, ek gaan terug na die man wat een van daardie ou vitrolas speel, soos dié van RCA met 'n horingluidspreker, luister die man na Bing Crosby wat sing “Ac-Cent-Tchu-Ate The Positive.” Ek stop en glimlag in waardering. Die Hindoe knik en glimlag terug. Die hele wêreld het Bing Crosby geken en liefgehad. "Sy gewildheid in Indië het daartoe gelei dat talle Hindoesangers hom navolg en nageboots het, veral Kishore Kumar, wat as die "Bing Crosby van Indië" beskou word.Douglas, Mike; Kelly, Thomas; Heaton, Michael (2000). I'll be Right Back: Memories of TV's Greatest Talk Show. Thorndike Press. .
Hy maak sy rolprentdebuut in 1930 in The King of Jazz. In 1962 word Crosby die eerste persoon om 'n Grammy Lifetime Achievement Award te ontvang.
Crosby is op 14 Oktober 1977 in Alcobendas, Madrid aan 'n hartaanval oorlede. Hy was 74 jaar oud.
Filmografie duimnael|Bob Hope en Bing Crosby in Road to Bali. duimnael|Een van sy talle albums.
The King of Jazz (1930) The Big Broadcast (1932) Mississippi (1935) Rhythm on the Range (1936) Rhythm on the River (1940) Birth of the Blues (1941) Holiday Inn (1942) Going My Way (Crosby wen 'n Oscar vir beste akteur) (1944) The Bells of St. Mary's (1945) Blue Skies (1946) A Connecticut Yankee in King Arthur's Court (1949) White Christmas (1954) High Society (1956) (met Frank Sinatra en Louis Armstrong) The Country Girl (1956) Reeks komiese "Road"-films, met Bob Hope en Dorothy Lamour, waaronder: Road to Singapore (1940) Road to Zanzibar (1941) Road to Morocco (1942) Road to Utopia (1946) Road to Rio (1948) Road to Bali (1952) Road to Hongkong (1962) (minus Dorothy Lamour) Robin and the 7 Hoods (met Dean Martin, Sammy Davis jr.. en andere)
Albums
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Amerikaanse akteurs Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1903 Kategorie:Sterftes in 1977 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu