Daryll Cullinan (1967-) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wat as spesialis-kolwer vir die Proteas gespeel het. Van 1993 tot 2001 het hy in 70 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf en 4 554 lopies teen ’n gemiddeld van 44,21 lopies per kolfbeurt aangeteken.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en Krieketwêreldbeker 1999 vir Suid-Afrika gespeel.
duimnael|links|Grafiek van Cullinan se kolfwerk oor sy loopbaan As regshandige topordekolwer was hy lank as die "tweede Graeme Pollock" bekend. Hy het egter twee van Pollock se belangrikste rekords verbeter: as jongste krieketspeler wat ’n eersterangse honderdtal aanteken (op die ouderdom van 16 jaar en 304 dae), en as speler wat die hoogste individuele telling in ’n toets (275 nie uit nie) behaal. Al twee rekords is intussen verder verbeter, laasgenoemde in 2012 deur Hashim Amla teen Engeland, waartydens Amla 'n telling van 311 (nie uit nie) aangeteken het.
In 1995 het Cullinan vir 'n lang onderbreking in spel gesorg toe hy 'n bal in 'n braaipan vol kalamarie ingeslaan het. Cullinan het 'n ses teen SA se internasionale Roger Telemachus geslaan, waarna die bal in die kombuis ingevlieg en in die pan beland het. Dit het omtrent tien minute geneem voor die bal koud genoeg was vir die skeidsregter om die vet af te vee. Selfs toe was die bal te glibberig om vas te hou, en moes dit uiteindelik vervang word. Turning the tables, Cricinfo, besoek op 3 Mei 2009
Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense