Die Groot Australiese Baai (Engels: Great Australian Bight) is 'n golf van die Indiese of Suidelike Oseaan in die suide van Australië tussen Suid-Australië in die noorde, Wes-Australië in die noordweste, Victoria in die noordooste en Tasmanië in die suidooste.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Nullarborvlakte, die Groot Victoriawoestyn en die Groot Australiese Baai (van bo na onder) Volgens die Internasionale Hidrografiese Organisasie (IHB) se definisie streek die Groot Australiese Baai vanaf West Cape Howe in Wes-Australië tot South West Cape in Tasmanië, maar die algemeen aanvaarde definisie van die Australiese Hidrografiese Diens (AHS) beskryf die golf tussen Cape Pasley Wes-Australië en Cape Carnot in Suid-Australië, 'n afstand van 1 160 km (720 myl). Terwyl die IHB die baai as deel van die Indiese Oseaan beskou, beskou die AHS die Groot Australiese Baai as deel van die Suidelike Oseaan. Afhangende van hierdie definisies is stede soos Adelaide en Melbourne aan die Groot Australiese Baai geleë, of nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Indiese Oseaan Kategorie:Seë van die Suidelike Oseaan Kategorie:Suid-Australië Kategorie:Tasmanië Kategorie:Victoria (Australië) Kategorie:Wes-Australië