Die Golf van Carpentaria (Engels: Gulf of Carpentaria) is 'n golf van die Stille Oseaan in die noorde van Australië tussen Arnhemland, Noordelike Gebied, in die weste en Cape York-skiereiland, Queensland, in die ooste.
duimnael|links|Kus van die Golf van Carpentaria by Karumba, Queensland Die Golf van Carpentaria grens in die noordweste aan die Arafurasee. Die Golf van Carpentaria word deur die Torres-straat met die Koraalsee in die noordooste verbind. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 310 000 km² en 'n maksimale diepte van 70 m.
Die Golf van Carpentaria is in 1606 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Jansz vir Europa ontdek en in 1623 is die golf deur Jan Carstenszoon ná die destydse Nederlandse goewerneur van Nederlands-Indië, Pieter de Carpentier, genoem. In 1644 het Abel Tasman die golf se kus verken.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Noordelike Gebied Kategorie:Queensland Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan