Rynersoniet (Ca(Ta,Nb)2O6) is 'n oksiedmineraal wat in die ortorombiese kristalstelsel kristalliseer. Dit is 'n dowwe, deurskynende, veselagtige mineraal, wat gewoonlik vuilwit tot ligpienk van kleur is. Dit kom voor in graniet pegmatiete en is die eerste keer in 1978 beskryf nadat dit in San Diego County, Kalifornië gevind is.http://www.webmineral.com/data/Rynersonite.shtml Webmineralhttp://www.mindat.org/min-3488.html Mindat.org

Behalwe vir die San Diego, Kalifornië gebied, is Rynersoniet ook al in Colorado en Kampala, Uganda gevind.

Sien ook Oksiedminerale Mineraal Relatiewe digtheid Mohs se hardheidskaal

Verwysings

Kategorie:Geologie Kategorie:Loodminerale Kategorie:Minerale Kategorie:Oksiedminerale