Ballymoney (afgelei van die Ierse Baile Monaidh "Woonplek in die moerasland", → baile "tuiste, woonplek", → móin "moeras(land), turf") is 'n nedersetting en civil parish in die Noord-Ierse graafskap Antrim, sowat 'n uur se motorrit noordwes van Belfast.
Besienswaardighede Die Dark Hedges, 'n laning ou beukebome tussen die dorpe Armoy en Stranocum, is 'n bekende toneel (die "Koningspad" of King's Road) uit die gewilde televisiereeks Game of Thrones.
Bekende boorlinge Robert Hannah, Nieu-Seelandse sakeman en skoenhandelaar (1845–1930) James Young, komediant en akteur (1918–1974) Joey Dunlop OBE, motorfietsrenjaer (1952−2000) Robert Dunlop, motorfietsrenjaer (1960–2008)
Kategorie:Nedersettings in Noord-Ierland