Die Benede-Toengoeska (Russies: Ни́жняя Тунгу́ска, Nizjnjaja Toengoeska) is 'n groot sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 989 km, ontspring noord van Oest-Koet naby die Podkamennaja Toengoeska se bron in die Irkoetsk-oblast. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Irkoetsk-oblast en bereik Jerbogatsjon. Net oos van die grens met die Krasnojarsk-krai begin die Benede-Toengoeska in 'n noordwestelike rigting vloei en bereik Toera. Vanaf Toera vloei dié rivier in 'n westelike rigting en later weer in 'n noordwestelike rigting. Naby Toeroechansk mond die Benede-Toengoeska in die Jenisejrivier uit.
Die Benede-Toengoeska is een van drie riviere in Rusland met die naam Toengoeskarivier. Die ander is die Podkamennaja Toengoeska, wat sowat 100 km noord van die Benede-Toengoeska se bron ontspring en sowat 600 km suid van die Benede-Toengoeska se monding in die Jenisejrivier uitmond. Die Angara se boloop word soms ook Bo-Toengoeska genoem.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Siberië