Die Japannese nasionale sokkerspan (Japannees: サッカー日本代表, Hepburn: Sakkā Nihon Daihyō of Sakkā Nippon Daihyō), ook bekend onder die bynaam Samurai Blue (Japannees: サムライ・ブルー, Hepburn: Samurai Burū), verteenwoordig Japan in mans se internasionale sokker. Dit word beheer deur die Japannese Sokkrvereniging (JFA).
Die eerste wedstryd wat hulle gespeel het was op 9 Mei 1917 toe hulle met 0-5 teen China verloor het.
Voor die laat 1980’s was Japan se nasionale sokkerspan grotendeels amateur, met die sport wat minder gewild was binnelands as bofbal of sumo-stoei. Sedert die vroeë 1990’s, ná die volle professionalisering van die sport, het Japan na vore getree as een van Asië se voorste spanne. Die nasionale span het vir elke Wêreldbeker-toernooi sedert 1998 gekwalifiseer (insluitend ’n outomatiese plek as mede-gasheer van die 2002-toernooi saam met Suid-Korea), en het die uitklopfase bereik in 2002, 2010, 2018 en 2022. Japan het ook ’n rekord van vier Asië-beker-titels gewen, in 1992, 2000, 2004 en 2011. Daarbenewens het die span as naaswenners geëindig in die 2001 FIFA Confederations Cup en die AFC Asië-beker in 2019.
Japan se vinnige vooruitgang oor ’n kort tydperk dien as ’n inspirasie en voorbeeld van hoe om sokker te ontwikkel. Hulle vernaamste teenstanders is Suid-Korea en Australië; hulle het ook mededingings ontwikkel teen Iran en Saoedi-Arabië. Japan was die eerste span van buite die Amerikas wat aan die Copa América deelgeneem het, nadat hulle genooi is na die 1999-, 2011-, 2015- en 2019-uitgawes van die toernooi, hoewel hulle slegs in 1999 en 2019 gespeel het.Japan Invited To Copa America 2011 Along With Mexico Goal.com 2 Junie 2009 Vanaf Januarie 2026 is Japan tans 18de op die FIFA-wêreldranglys en die hoogste geplaasde Asiatiese span sedert Desember 2022.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Lys van wedstryde
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Japan