Die Dachshund (ook worshond in Afrikaans genoem), is 'n hound-tipe honderas met kort bene en 'n lang lyf.

Die gewone grootte worshond is ontwikkel om diere wat in gate woon, uit te snuffel en te verjaag, terwyl die miniatuurworshond geteel is om kleiner prooi soos hase te jag. In die Verenigde State van Amerika, was hulle ook gebruik om gewonde takbokke op te spoor en prairiehonde te jag.

Voorkoms Die tipiese worshond het 'n lang lyf en is goed gespierd met kort, stomp bene. Sy voorpote is buitengewoon groot en spaanvormige om uiterste grawe-werk te kan doen. Hy het 'n vel wat los genoeg sit om nie te skeur nie, terwyl hy in smal gate tonnel op soek na sy prooi. Die worshond het 'n diep bors wat groter longkapasiteit en stamina bied wanneer hy prooi ondergronds jag. Sy snoet is lank met 'n vergrote neusgebied om reuke op te spoor.

Verwysings

Kategorie:Honde