Die skeletformule van 'n organiese molekulêre verbinding is 'n weergawe van die molekuul se struktuur waarin sistematiese vereenvoudigings aangebring is om die beeld makliker en oorsigteliker te maak. Die reëls wat gevolg word is: Die bindings tussen koolstof en waterstof word nie met 'n strepie aangegee nie: C—H word eenvoudig CH Die letters C en H word weggelaat; net die bindingstrepies tussen koolstofatome word weergegee: "C—C" word dus "—"; "C=C" word "="; "C≡C" word "≡". Alle ander elemente word deur hulle simbole weergegee en ook die bindings word getoon In aromatiese ringe word dikwels met 'n sirkel aangegee (Thiele-notasie), pleks van met drie dubbelbindings (Kekulé-ring). Soms word hibriede-weergawes gebruik waarin dele van die molekuul wel en ander dele nie tot 'n skelet herlei word nie.

Skeletformule van butadieen80px300pxVolledige Lewis-struktuur ==> skelet Skeletformules van meta-xileen80px80px80px80px80pxSonder C-H bindingsSonder ring-C en HVolledige skeletMet aromatiese ring.Twee C wegelaatMet Kekulé-ringMet Thiele-ring

'n Uitsondering op die reël dat alle waterstofatome weggelaat word, betref die aldehiede (alkanale). Die eindstandige waterstofatoom van die -CHO-funksionele groep word gewoonlik wel weergegee omdat dit besondere eienskappe het.

Skeletformule van asetaldehied (etanaal)100px100px100px

Skeletformule van chloroasetaldehied (chloroëtanaal)100px100px100px

Kategorie:Organiese chemie