Sèvres is 'n Franse stad binne die suidwestelike voorstede van Parys, Frankryk. Dit lê 9,9 km van Parys se stadsentrum en is in die département Hauts-de-Seine in die région Île-de-France geleë. In 2012 was die bevolking 23 572 en die oppervlakte 3,91 km². Die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte is in 1875 hier gevestig en in 1920 is die Verdrag van Sèvres hier onderteken.
Kategorie:Munisipaliteite in Île-de-France Kategorie:Nedersettings in Île-de-France