Die Internasionale Mineralogiese Vereniging-goedgekeurde mineraal faustiet, wat na die Amerikaanse mineraloog en petroloog van die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS), dr. George Tobias Faust, vernoem is, is 'n lid van die driehoekige turkooisgroep gehidreerde fosfate met die volgende chemiese samestelling:

ZnAl6(PO4)4(OH)8·4H2O

Party van die divalente koper vervang gewoonlik die sinkposisie. Faustiet is die sink ryke analoog van turkoois wat amper vier keer meer sink as koper in sy kristalstruktuur het. Trivalente (ferri) yster kan sommige van die aluminium vervang. Klein hoeveelhede kalsium kan ook teenwoordig wees. Dit het 'n hardheid van 4½-5½ op die Mohs hardheidskaal, en afgesien van 'n effens laer hardheid, kan dit moeilik wees om dit in handmonsters van turkoois te onderskei.

Fausteit het 'n blougroen tot appelgroen kleur in gepoleerde cabochons, en kan bebruik word as 'n turkoois nabootsing, en dit kan ook met stabiliseerders behandel word vir die maak van juweliersware.

Sien ook Mineraal Relatiewe digtheid Mohs se hardheidskaal Turkoois

Verwysings

Eksterne skakels IMA Database of Mineral Properties – Faustite Mindat.org – Faustite Webmineral.com – Faustite Mineral Data

Kategorie:Fosfaatminerale Kategorie:Geologie Kategorie:Minerale