Xilene is organiese aromatiese verbindings met 'n formule . Hulle is dimetielbensene.
Isomerie duimnael|links|150px|Orto, meta en para substitisiepatrone Daar bestaan drie isomere wat orto- (o-), meta- (m-) en para-xileen (p-xileen) genoem word. Die IUSTC name is 1,2-dimetielbenseen (orto), 1,3-dimetielbenseen (meta) en 1,4-dimetielbenseen (para). Die orto-vorm het die twee metielsubstituente as bure aan die benseenring. Die meta-vorm het dit een posisie verder en in die para-vorm is die metielgroepe aan teenoorliggende kante van die ring. Mengsels van xilene word as oplosmiddel gebruik, maar hulle kan ook geskei word, omdat hulle fisiese eienskappe effens verskil.
IsomeerKookpuntSmeltpuntOrto144,4 °C-25,2 °CMeta139,3 °C-47,4 °CPara137,5 °C+13 °C
Industriële produksie duimnael|links|Reaksie van tolueen en trimetielbenseen om xileen te produseer Xileen word vervaardig deur metilering van tolueen en trimetielbenseen.Martindale, David C. and Kuchar, Paul J., Production of xylenes from light aliphatic hydrocarbons via dehydrocyclodimerization and methylation, United States Patent No. 5,043,502, 1991-8-27 Kommersiële of laboratoriumgraad xileen wat geproduseer word bevat gewoonlik ongeveer 40-65% m-xileen en tot 20% o-xileen, p-xileen en etielbenseen. Die verhouding isomere kan verander word om die gewenste p-xileen te bevoordeel deur gebruik van die UOP-Isomar-proses of deur transalkilering van xileen met homself of trimetielbenseen. Hierdie omskakelings word deur zeoliete gekataliseer.
'n Aluminosilikaat-zeoliet met chemiese formule NaAlSiO·16HO (0<n<27) ('n gepatenteerde stof met die naam ZSM-5) word gebruik om sommige isomeriseringsreaksies te vergemaklik wat gelei het tot massaproduksie van moderne plastiek.
Produkte Die drie isomere word verwerk tot verskillende produkte soos iso-, tere- en normale-ftaalsuur en daaruit polimere soos poliësters. duimnael|Die produkte wat deur die chemiese nywerheid uit xilene geskep word.|links|550px
Gesondheid en veiligheid Xileen is vlambaar, maar het 'n matige akute toksisiteit waarvan die LD50 wissel tussen 200 en 5000 mg/kg vir diere. Mondelinge LD50 vir rotte is 4300 mg/kg. Die belangrikste effek van die inaseming van xileendampe is depressie van die sentrale senuweestelsel, met simptome soos hoofpyn, duiseligheid, naarheid, braking, swakheid, prikkelbaarheid en vertraagde reaksietyd. Die simptome verander met konsentrasie van xileen.
Die newe-effekte van blootstelling aan lae konsentrasies xileen (<200 dpm) is omkeerbaar en veroorsaak nie permanente skade nie. Langdurige blootstelling kan lei tot hoofpyn, geïrriteerdheid, depressie, slapeloosheid, agitasie, uiterste moegheid, bewing, gehoorverlies, verminderde konsentrasie en korttermyngeheueverlies. 'n Toestand, algemeen bekend as "organiese oplosmiddelsindroom", word geassosieer met blootstelling aan xileen. Daar is baie min inligting beskikbaar wat blootstelling aan xileen van blootstelling aan ander oplosmiddels onderskei tydens die ondersoek na hierdie effekte.
Gehoorsteurings is ook gekoppel aan blootstelling aan xileen, beide uit studies met proefdiere, sowel as kliniese studies.
Xileen is ook irriterend vir die vel en stroop die vel van die vel se olies, wat dit deurdringbaar vir ander chemikalieë maak. Die gebruik van ondeurdringbare handskoene en maskers, tesame met respirators waar nodig, word aanbeveel om probleme op die gebied van beroepsgesondheid weens blootstelling aan xileen te vermy.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Organiese verbindings