Asisiet (Pb7SiO4O4Cl2) is 'n geel tetragonale haliedmineraal. Dit word aangetref by die Kombat-myn, Kombat, Grootfontein-distrik, Otjozondjupa-streek, Namibië, waar dit in 1988 ontdek is. Dit is vernoem na 'n plaas, Asis, waarop die myn geleë is.

Kenmerke Dit het 'n geel tot geel-groen of rooi kleur. Dit het 'n hardheid van 3.5 op die Mohs hardheidskaal, en 'n tetragonale kristalsisteem.

Sien ook Mineraal Relatiewe digtheid Mohs se hardheidskaal

Verwysings Mindat.org – Asisite Webmineral.com – Asisite Handbook of Mineralogy – Asisite

Kategorie:Geologie Kategorie:Haliedminerale Kategorie:Minerale Kategorie:Loodminerale Kategorie:Halogeniedminerale