duimnael|220px|Würstl, of Europese Weense worsies. duimnael|220px|Geblikte Weense worsies in ’n tamatiesous.

’n Weense worsie (Duits: Wiener Würstchen of Wiener, in Oostenryk Frankfurter Würstel of Würstl, in Switserland Wienerli) is ’n soort worsie wat tradisioneel van vark- en beesvleis gemaak word. Dit word in Oostenryk nie eintlik Weense worsies genoem nie, maar eerder Frankfurter Würstchen.

Die bestanddele, grootte en bereiding van Weense worsies verskil baie van streek tot streek of van vervaardiger tot vervaardiger. In sommige Europese lande word hamworsies verkoop met Duitse of Franse name wat as "Weense worsies" vertaal kan word, maar gewoonlik lyk Weense worsies meer soos die Amerikaanse frankfurterworsies.

Die worsies word dikwels in worsbroodjies, of hot dogs, gebruik.

In Amerika verwys "Weense worsie" eerder net na ’n kleiner, korter worsie. Die langer worsies word frankfurters of sommer hot dogs genoem.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is deels vertaal uit die Engelse Wikipedia Ministerium für ein lebenswertes Österreich: Frankfurter / Wiener Würstel Kategorie:Wors