duimnael|240px|Croutons in ’n slaai. duimnael|240px|Croutons in ’n bak.

Croutons, croûtons of krotons is stukkies gebraaide of herbakte brood. Dit word meestal in blokkies gesny en gegeur, en verleen ekstra tekstuur en smaak aan slaaie, soppe en bredies, of soms word dit alleen as ’n lekkerny geëet.

Die woord "croûton" kom uit Frans en is afgelei van die Franse woord croûte, of "kors". Hoewel croutons meestal in klein blokkies gesny word, kan hulle enige grootte en vorm hê; dit kan selfs met hele snye brood gemaak word.

Bereiding Die bereiding van croutons is redelik eenvoudig. Snye brood word gewoonlik in blokkies gesny en dan geverf met olie of botter (wat met ’n verskeidenheid middels gegeur kan wees). Die blokkies word dan gebak. Hulle kan ook liggies in botter of kookolie gebraai word totdat hulle bros en bruin is, wat daaraan ’n botterige smaak en krakerige tekstuur gee. Soms word croutons ook met kaas gegeur

Byna enige soort onversoete brood kan gebruik word. Ouerige, droë brood word dikwels ingespan in plaas van vars brood. Ou brood word deur kokke gebruik vandat brood uitgevind is; dit is in die Middeleeue dikwels saam met sop opgedien. Deesdae kan croutons ook klaar berei gekoop word.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Brode Kategorie:Geurmiddels