Metaantiol of (metiel)merkaptaan is die eenvoudigste organiese verbinding met 'n tiol-groep. Dit het die formule . Dit word vanweë sy stank in klein hoeveelhede aan aardgas bygevoeg om mense te waarsku indien daar 'n gaslek is.
Giftigheid Dit is nogtans 'n giftige stof wat die respirasie in mitochondrieë kan blokkeer deur die ensiem sitochroom-C-oksidase te beskadig. Inaseming lei tot vinnige opname.
Geochemie Daar is bakterieë wat dit in mariene sedimente vervaardig. In sedimente by die eiland Texel word dit byvoorbeeld veral in die vroeë somer op dieptes van 3-4 cm in konsentrasies van ongeveer 30 nmol/cm3 aangetref.Sulfur cycling in laminated marine microbial ecosystems in:Biogeochemistry of Global Change: Radiatively Active Trace Gases Selected Papers from the Tenth International Symposium on Environmental Biogeochemistry, San Francisco, 19–24 Augustus, 1991, Springer Science & Business Media, 2012, , bls 679
Verwysings
Kategorie:Organiese verbindings