duimnael|'n Stuk geparfumeerde seep. Seepkoekies is 'n 19de eeuse uitvinding duimnael|Rose gevorm van seep duimnael|Savon de Marseille (Marseille-seep) op 'n mark in Nice, Suid-Frankryk duimnael|Aleppo-seep uit Sirië is 'n natuurlike seep wat van olyfolie, bessie-olie en (dikwels) lourierblare berei word duimnael|Dudu-Osun is 'n handelsmerk vir swart seep uit Wes-Afrika. Die as van inheemse plante gee aan dié seep sy kenmerkende swart kleur www.treehugger.com: What is black soap? Besoek op 2 Augustus 2017

Seep is 'n verbinding van hoër vetsure met 'n alkali (gewoonlik natrium- of kaliumsoute) wat as reinigingsmiddel gebruik word. Oorspronklik het seep 'n belangrike rol as ontvettingsmiddel vir die wol- en tekstielbedryf gespeel en later ook as reiniger vir tekstiele gedien. Na hierdie soort seep word as wasseep verwys. Die inherente probleme daarvan – soos die vorming van onoplosbare magnesium- en kalsiumsoute (magnesium- en kalsiumkarboksilaatpresipitate) in harde water – het die ontwerp van nuwe seeplose of sintetiese reinigers vir wasgoed bevorder.

Toilet- of fynseep is geparfumeerde seep wat vir persoonlike higiëne gebruik en sedert die 19de eeu hoofsaaklik in die vorm van seepkoekies aangebied word.

Geskiedenis Mesopotamië Seepvervaardiging is een van die oudste chemiese metodes wat mense op groot skaal toegepas het. www.livingathome.de: Die Geschichte der Seife. Besoek op 3 Augustus 2017 Die kuns van seepmakery het sy oorsprong waarskynlik in Mesopotamië. Die Sumeriërs het 'n mengsel van as (hoofsaaklik van dadelpalms) en water gebruik om vet uit ruwol en tekstiele te verwyder sodat dit gekleur kon word. Die reinigende werking van dié vroeë voorloper van seep het daarnaas ook godsdienstige betekenis gehad. So het Sumeriese priesters en tempelwagters hulself met as en water gewas voordat heilige rituele voltrek is. The Open University – OpenLearn: The History of Soapmaking. Besoek op 1 Augustus 2017 Aan seep is daarnaas genesende krag toegeskryf – dit is immers 'n bakteriedoder waarmee reeds in die antieke tydperk bepaalde siektes beheer kon word, ondanks die gebrek aan bakteriologiese navorsing en kennis.

Die reinigende effek van glipperige as-en-water-mengsels was aan die feit te danke dat alkali op einige voorwerp of op menslike huid met vet gereageer het en dit in 'n seep omgeskep het wat vet en vuiligheid opgelos en weggewas het. Hoe meer vet en olie in 'n alkali-oplossing opgelos word, hoe groter is die hoeveeldheid seep wat hierby ontstaan en hoe doeltreffender die reinigende werking.

As mense dieselfde glipperige oplossing verskeie kere aangewend het as reiniger, het die reinigingseffek merkbaar afgeneem. Die Sumeriërs het hul seepresepte dus aangepas deur seepoplossings regstreeks te berei. Hiervoor is vette en olie in alkali-oplossings verhit. Die vroegste oorgelewerde seepresep wat in Tello, 'n klein nedersetting in Mesopotamië, opgestel is, dateer van 2500 v.C. Op 'n kleitablet is die mengverhouding van twee seepbestanddele in wigskrif geskryf – een liter olie en vyf 'n half keer soveel potas. Body & Soap Seifenmanufaktur: Geschichte der Seife. Besoek op 1 Augustus 2017

Om potas te verkry, is 'n alkaliese oplossing of loog drooggekook tot die laaste oorblyfsels, 'n soort as. Om onsuiwerhede uit te brand, is potas gebak. Die laaste oorblyfsel is 'n fyn wit poeier, die sogenaamde pêrelas.

Egipte Egiptiese muurskilderye toon slawe wat wasgoed met knuppels slaan om dit skoon te maak. Daarnaas is ook soda as wasmiddel gebruik. Soda kon in woestyne as mineraal ontgin word, byvoorbeeld in uitgedroogde soutmere of uit die grondkors. Soda kon daarnaas verkry word deur die verbranding van seeplante met 'n hoë natriumchloriedinhoud, dikwels saam met potas.

Egiptiese dokumente verwys na 'n vroeë metode van seepvervaardiging. Omstreeks 600 v.C. is diervette of plantolies met soda vermeng en verhit. Die reinigende werking van seep is destyds blykbaar nog nie raakgesien nie, en net soos in ander antieke beskawings het Egiptenare seep hoofsaaklik as haarpommade of as geneesmiddel vir die behandeling van velsiektes gebruik. Baie van die destydse veltoestande is veroorsaak deur 'n gebrek aan higiëne sodat seep danksy sy reinigende effek dié soort siektes kon genees.

Keltiese, Germaanse en Romeinse wêreld Seep is in die volgende eeue ook deur Mediterreense beskawings vervaardig, onder meer deur die Fenisiërs wat hul seep volgens beskrywings van Plinius die Ouere (23–70 n.C.) in sy Historia naturalis omstreeks 600 v.C. van talk en houtas berei het en dit soms as ruilgoed in hul handelsbetrekkinge met Gallië gebruik het. Plinius vermeld verder dat Galliërs en Germane seep as pommade gebruik het – maar ook om hul hare rooi of wit te verf.Kurt Mündel: Weltstadt im Land der Barbaren. 2000 Jahre Carnuntum. Wien: Orac 2006, bl. 24−25 Die Germaanse variant was 'n soort kaliseep van pasta-agtige tekstuur, terwyl Galliese seepmakers seewier met 'n hoë natriuminhoud gebruik het. Hul produk was 'n soort natronseep met 'n vaste tekstuur. Albei variante was gewilde kosmetika in antieke Rome.

Die Kelte in Britannië, wat seep van diervette en wit gebrande plantas berei het, het daarna as saipo verwys. Hiervan afgelei is die Latynse term vir seep (sapo) asook die Afrikaanse en Engelse benamings. Seep was eweneens bekend in die Romeinse Ryk, alhoewel dit tans nie duidelik is of die bereiding en gebruik daarvan deur Mediterreense of Keltiese invloede bevorder is nie. Blykbaar is dit vanweë die moeilike vervaardigingsproses – die chemiese reaksie, wat verseping genoem word, was stadig en dikwels onvolledig – nog nie algemeen aangewend as reiniger nie en eerder as 'n soort geneesmiddel beskou. Grieke en Romeine het asloog by hul wasgoed gevoeg, terwyl olie (saam met fyn sand as skaafmiddel) vir hul daaglikse reinigingsroetine gebruik is.

Romeinse wasserye het vir hul wasgoed alternatiewe metodes ontwikkel. Vir hul wasmiddel is twee soorte van alkali gebruik – dié wat uit houtas verkry kon word (kaliumkarbonaat) en dié wat uit ontbinde urine ontgin kon word (alkaliese ammoniak). Die buitefasades van wasserye is derhalwe steeds van urinale voorsien waar verbygangers die benodigde grondstof tot wedersydse voordeel kon verskaf. Daarnaas is amfore vir die doelwit in systraatjies geplaas. www.henkel-adhesives.de: Waschmittel, Waschgeräte und Waschplätze der Römer. Besoek op 1 Augustus 2017 Spiegel Online – Wirtschaftsgeschichte: Mit Schmutz Wäsche waschen. Besoek op 1 Augustus 2017 Ciencia Histórica: Indeed, Romans used urine to do laundry…and worse things… Besoek op 2 Augustus 2017

Die oudste historiese beskrywing van seep as reinigingsmiddel dateer uit die 2de eeu n.C. Die Grieks-Romeinse geneeskundige Claudius Galenus van Pergamon (131–201 of 216), wat hom in Rome gevestig het, het in dié tyd na die reinigende en genesende eienskappe van seep verwys. Encyclopædia Britannica: Soap. Besoek op 1 Augustus 2017

Die ingewikkelde proses van verseping het verhoed dat seep in antieke Rome op 'n breë vlak as reinigingsmiddel vervaardig kon word. Vir die hidrolise of verseping van vette, 'n proses waarby vetsure vrygestel word, is sterk alkalieë benodig. 'n Alternatiewe metode was langdurige verhitting. Romeinse seepmakers het aanvanklik net oor kaliumbevattende soute beskik wat 'n swak alkaliese reaksie het. Later is soda gebruik om seep met 'n vaster tekstuur te vervaardig. Soda word volgens die karbonaatmetode vandag steeds as bestanddeel vir seep gebruik.

Romeinse tegnieke was nog nie só gevorderd nie; alkalikarbonaat is gewoonlik vermeng met vetsure wat tydens die verouderingsproses van plant- en dierolies vrygestel is. Hierdie proses, die hidrolise van vet, kon ietwat versnel word deur die verhitting van olie in ketels oor 'n oop vuur. Die olie is hierby ingekook totdat dit byna droog was, waarna verskeie kere water bygevoeg is totdat die proses van verseping afgesluit was.

Arabiese wêreld In die 7de en 8ste eeu n.C. het Arabiese seepkokers sukses behaal met die eerste vaste kaliseep. Die tekstuur van hierdie seep, waarvoor soda of potas met gebluste kalk (kalsiumhidroksied) vermeng is, was vergelykbaar met dié van moderne seep. Met die uitbreiding van Islam na Spanje het die kuns van seepkook ingang gevind tot Middeleeuse Europa. Die 8ste eeuse Arabiese geleerde Jābir ibn Hayyān (ook Geber genoem) verwys in sy werke verskeie kere na die reinigende werking van seep.

Europa duimnael|220px|Seepvervaardiging in die laat 15de eeu. Uit: Hortus sanitatis, Mainz 1491 In die vroeë Middeleeue het ook Europese lande met toegang tot die Middellandse See en die benodigde natuurlike hulpbronne tot belangrike seepprodusente ontwikkel. Veral in Spanje, Italië en later ook Frankryk kon seepmakers op die plaaslike produsente van olyfolie (Noord-Europeërs was beperk tot diervette) steun, terwyl soda uit die as van seeplante ontgin kon word. Sogenaamde barilla-as, waarvoor Spaanse seepmakers soutbos gebrand het, het alkali opgelewer. Kastilië, wat bekend gestaan het vir sy wit seep, en Marseille was markleiers vir seep van hoë gehalte. Verder noordwaarts is noemenswaardige seepbedrywe in Praag, Wene en Augsburg gevestig. www.drachenzuber.de: Geschichtliches zur Naturseife. Besoek op 3 Augustus 2017

In Frankryk het seepprodusente hul produkte met plantekstrakte veredel tot geparfumeerde sepe van hoogste gehalte. 'n Winsgewende mark vir toiletseep is danksy die vraag na kosmetiese seepkoeëls in hoofse kringe ontsluit; vir die groot massa van die Europese bevolking was toiletseep (veral harde seep) egter nog 'n onbekostigbare luukse.

As toiletware is seep vir persoonlike higiëne gebruik, vanaf 1525 ook as skeermiddel vir mans. Seep was daarnaas 'n gewilde reinigingsmiddel vir vloere. Welgesteldes kon seep as wasmiddel bekostig, die groot massa was aangewese op talk en houtas. Higiëniese standaarde was in die algemeen nog laag.

Vanaf die 16de eeu was drie hoofsoorte van seep beskikbaar: growwe seep wat van traanolie gemaak is (hierdie olie is uit walvisvet ontgin), soet seep met olyfolie as belangrikste bestanddeel, en talkseep. Die vervaardiging van die laasgenoemde variant is tydelik verbied – nie vanweë sy onaangename reuk nie, maar weens die beperkte voorrade van talk wat ook in die kersmakerbedryf benodig is. Die twee ander soorte was luukse goedere vanweë die belasting wat daarop gehef is.

Republiek Venesië Met tans sowat sestig miljoen olyfbome in 'n gebied van 3 600 km² is Apulië in die suidooste van Italië een van die groenste streke in die land wat jaarliks 200 000 ton olyfolie oplewer. Hierdie "vloeibare goud" het reeds in die 13de eeu die belangstelling van Venesiane gewek. Groot hoeveelhede olyfolie is met skepe na Venesië vervoer waar dit tot seep verwerk is.

Danksy sy die Seerepubliek se handelsbetrekkinge met die oostelike Middellandse Seegebied het Venesiaanse seepvervaardigers 'n reeks eksklusiewe bestanddele tot beskikking gehad soos die as van 'n Siriese kruid met 'n betreklik hoë sodainhoud. Deur byvoeging van welriekende essense kon 'n groot verskeidenheid sepe volgens die wense van klante vervaardig word wat met groot sukses na ander dele van Europa uitgevoer is.Bella Italia. Polyglott Edition. 4de uitgawe. München: Graefe und Unzer 2017, bl. 29