duimnael|250px|’n Verskeidenheid vegetariese en veganistiese kossoorte.
Vegetarisme is die gebruik om nie vleis, veral rooivleis, te eet nie. Dit kan ook ander diereprodukte insluit,
Mense kan om verskeie redes ’n vegetariër word. Baie maak beswaar teen die eet van vleis uit respek vir ander lewende wesens, dalk om godsdienstige redes of vanweë respek vir diereregte. Dit kan ook om gesondheids-, politieke, omgewings-, kulturele, ekonomiese of persoonlike redes wees. Vegetariese diëte verskil ook: ’n Ovolaktovegetariër eet eiers en suiwelprodukte; ’n ovovegetariër eet eiers, maar nie suiwelprodukte nie; ’n laktovegetariër eet suiwelprodukte, maar nie eiers nie. ’n Veganistiese dieet sluit alle diereprodukte uit, insluitende eiers en suiwelprodukte. Sommige vaganiste vermy ook ander diereprodukte, soos byewas, leer of syklere.
Verpakte en geprosesseerde kosse soos koekies, sjokolade, jogurt en lekkergoed bevat dikwels onbekende bestanddele en kan ’n bron van kommer vir vegetariërs wees. Hulle sal dikwels die bestanddele van ’n produk nalees om seker te maak dit bevat nie diereprodukte nie. Hul menings oor sulke bestanddele wissel egter. Terwyl sommige byvoorbeeld onbewus kan wees van die diereproduk stremsel se rol in die maak van kaas en dit dus onbewustelik sal eet, kan ander vegetariërs eenvoudig nie ’n probleem hê met die eet daarvan nie.
Halfvegetariese diëte bestaan grootliks uit vegetariese produkte, maar kan vis of pluimvee insluit. Sulke mense beskou "vleis" gewoonlik net as die vleis van soogdiere, hoewel hulle met vegetarisme identifiseer.Shorter Oxford English Dictionary (2002 en 2007) definieer "vegetarian" (noun) as "A person who on principle abstains from animal food; esp. one who avoids meat but will eat dairy produce and eggs and sometimes also fish (cf. VEGAN noun)." Sommige vegetariërgroepe beskou sulke diëte nie as vegetaries nie.
Verwysings
Eksterne skakels Bronne/steun vir vegetariërs Internasionale Kongres oor Vegetariese Voeding "Shattering The Meat Myth: Humans Are Natural Vegetarians" deur Kathy Freston, The Huffington Post, 11 Junie 2009 MedlinePlus Encyclopedia Vegetarian Society 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Voeding Kategorie:Toegepaste etiek