David Copperfield (regte naam David Seth Kotkin; 1956-) is ’n Amerikaanse kulkunstenaar van Joodse afkoms. Hy is bekend vir sy indrukwekkende toertjies, soos om die Amerikaanse Vryheidstandbeeld en 'n vliegtuig te laat verdwyn, en dwarsdeur die Groot Muur van China te loop.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy kunstenaarsnaam is heel waarskynlik van Charles Dickens se gelyknamige boek ontleen.
Lewensloop duimnael|300px|Copperfield in 2007
David Seth Kotkin is op 16 September 1956 in Metuchen in New Jersey gebore. Hy begin op 12 met toertjies en gee reeds op 16 klas in die kulkunste aan die Universiteit van New York.
In 1981 het hy homself onder andere in die helfte deur gesaag. In 1982 was hy deel van Project Magic, 'n rehabilitasieprogram wat gestremde kinders gehelp het.
Die tydskrif Forbes het hom as die kommersieel suksesvolste kulkunstenaar in die geskiedenis beskryf."Houdini in the Desert". Forbes.com. 3 Februarie 2017 Met 'n geraamde inkomste van 57 miljoen dollar in 2003, het hy 'n 10de plek op die lys van hoogste besoldigde bekendes ter wêreld beklee.
Hy het al 11 Guinness World Records opgestelGuinness World Records 2006, p. 197 en 'n totaal van 21 Emmy-pryse gewen. Hy is ook met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer. Die Franse regering het hom tot ridder geslaan en die Biblioteek van die V.S.A. Kongres het hom 'n "lewende legende" genoem.
Copperfield het 'n jarelang verhouding met die topmodel Claudia Schiffer gehad en het twee kinders.National Enquirer van 23 Januarie 2008 op die Internet Archive.
Verwysings
Eksterne skakels Copperfield se amptelike webwerf
Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse kunstenaars Kategorie:Kulkunstenaars Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense