Sofia Carmina Coppola (1971-) is ’n Amerikaanse draaiboekskryfster, rolprentregisseur en aktrise. Sy is in 2004 met ’n Oscar bekroon vir die draaiboek van Lost in Translation. Haar pa is die bekroonde regisseur Francis Ford Coppola.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Sofia Coppola is op 14 Mei 1971 in New York Stad gebore. In haar eerste lewensjaar verskyn sy in 'n dooptoneel in die fliek The Godfather. Later sou sy groter rolle speel, soos in Godfather III, toe sy op die laaste oomblik vir Winona Ryder vervang het. Sy het ook in Star Wars: Episode I: The Phantom Menace gespeel.

Sy maak haar debuut as regisseur in 1998 met Lick the Star, 'n kortfilm wat in 'n middelbare skool afspeel. Sy trek egter internasionaal aandag met haar eerste vollengte fliek, The Virgin Suicides (1999), gebaseer op 'n boek van Jeffrey Eugenides. Haar tweede produksie, Lost in Translation (2003), kry vier Oscar-nominasies: vir beste akteur (Bill Murray), beste film, beste regie en beste draaiboek.

In 2006 maak sy die fliek Marie Antoinette, 'n kostuumdrama oor die lewe van Marie Antoinette, die eggenoot van die 18de-eeuse Franse koning Louis.

Sofia en haar vriend, Thomas Mars (sanger van die groep Phoenix, ook te hore in Lost in Translation en selfs te sien in Marie Antoinette) het 'n dogtertjie, Romy.

In 2004 word Coppola die eerste Amerikaanse vrou om 'n Oscar-nominasie (2004) vir beste regisseur te kry. Uiteindelik wen sy die Oscar vir beste draaiboek vir Lost in Translation.

Filmografie Regisseur The Beguiled (2017) The Bling Ring (2013) Somewhere (2010) Marie Antoinette (2006)|Marie Antoinette (2006) Lost in Translation (2003) The Virgin Suicides (1999) Lick the Star (1998)

Aktrise CQ (2001) Star Wars: Episode I: The Phantom Menace (1999) The Godfather: Part III (1990) Peggy Sue Got Married (1986) The Godfather: Part II (1974) The Godfather (1972)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense