TelčTeltsch270px Kaart van Jihlava-distrik Wapen 180px|center 50px|senter Vlag 50px|senter Land  Streek 23px Kraj Vysočina Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1207 Oppervlakte:    - Totaal 24,86 vk km  Hoogte bo seevlak 514 m Bevolking:    - Totaal (2017) 5 410  - Bevolkingsdigtheid 217,6/km² Tydsone UTC +01:00 Burgemeester Roman Fabeš Amptelike Webwerf www.telc.eu/ Telč (Duits: Teltsch, Tsjeggiese en Duitse uitspraak: [tɛltʃ]) is 'n Suidwes-Morawiese stad in Tsjeggië wat administratief onder die streek Vysočina en die distrik Jihlava (Duits: Iglau) val.

Telč het sy oorsprong in 'n 13de eeuse koninklike waterkasteel wat by 'n kruispunt van besige handelsroetes tussen Boheme, Morawië en Oostenryk ontstaan het. Die stad was tussen 1339 en 1604 in besit van die magtige here van Neuhaus (ook Here van Hradec genoem).Friedrich Prinz (red.): Deutsche Geschichte im Osten Europas − Böhmen und Mähren. Berlin: Siedler 2002, bl. 182

Die belangrikste besienswaardigheid in Telč is - naas die 17de eeuse Renaissance-kasteel met 'n tuin in die Engelse styl - die langgestrekte markplein, 'n unieke kompleks met goed bewaarde Renaissance- en Barokgeboue met kenmerkende hoë gewels en arkades, wat sedert 1992 as Unesco-wêrelderfenis gelys word.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Nedersettings in Morawië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Tsjeggië