Die Polikarpof I-16 was 'n Russiese vegvliegtuig wat ook in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die wêreld se eerste laevlerk-, vryhangendebalktipe ontwerp met intrekbare wiele vir 'n vliegtuig. Die romp was van hout gemaak. Die prototipe het sy nooiensvlug op 31 Desember 1933 voltooi. Met sy topspoed, wat 123 km/h vinniger was as dié van sy mededingers, was dit een van die beste vegvliegtuie van sy tyd. Produksie vir die vliegtuig is eers in 1939 gestaak.
Dit was eers tydens die Spaanse Burgeroorlog dat die Westerse wêreld kennis van die vliegtuig geneem het. Die Spaanse Republikeine het vanaf Oktober 1935 altesaam 278 Polikarpofs ontvang. Hispano-Suiza het die vliegtuig onder lisensie vir die Republikeine vervaardig, terwyl ander ná vredesluiting deur die Francoregering gebruik is. Baie van die Polikarpofs wat gebruik is, is deur vrywillige Russiese vlieëniers beman. Vanaf 1937 is die Polikarpof I-16 deur China teen die Japannese gebruik. In 1939 was hulle in hewige luggevegte betrokke met die Japannese op die grens van Mantsjoerye. Hulle is ook gebruik deur die Russiesse Lugmag tydens die Winteroorlog met Finland. Toe Duitsland vir Rusland binneval het, was die Polikarpof I-16 verouderd. Ten spyte van groot verliese het die Russe tot in 1941 met die vliegtuig bly veg. Sommige vlieëniers het uit desperaatheid doelbewus teen Duitse vliegtuie gebots. Die vliegtuig is eers in 1943 uit diens onttrek.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Polikarpof I-16 Tipe 24: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerM-62-stermotor Kraglewering per motor1 000 perdekrag Vlerkspan8,88 m Lengte6,04 m Hoogte2,41 m Vlerkoppervlakte14,87 m2 Maksimum opstygmassa2 060 kg Maksimum snelheid490 km/h Operasionele hoogte9 470 m Togafstand600 km Klimvermoë 850 m per minuutBewapeningVier 7 ,62 mm-masjiengewere, waarvan twee in die neusen twee in die vlerke.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog