Hierdie artikel handel oor die stad New York. Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus New York (deelstaat), en vir ander gebruike New York (dubbelsinnig). Stad New York 290px Seël Vlag 90px|senter|Seël van New York 100px|senter|Vlag van New York Basiese gegewens Stigting: 1614 Land: Deelstaat: 20px New York Distrikte: The BronxNew York (Manhattan)QueensKings (Brooklyn)Richmond (Staten-eiland) Koördinate: Tydsone: UTC -5 (OST) Somertyd: UTC -4 (ODT) 150pxLigging in die deelstaat New York 150pxDie 5 boroughs van New York: (1) Manhattan, (2) Brooklyn, (3) Queens, (4) The Bronx, (5) Staten-eiland Bevolking: – Metropolitaanse gebied: 8 175 133 (2010-sensus) U.S. Census Bureau, New York's 2010 Census Population Totals 18,7 miljoen Amerikaanse Statistiekkantoor, Annual Estimates of the Population of Metropolitan and Micropolitan Statistical Areas: April 1, 2000 to July 1, 2004 Bevolkingsdigtheid: – Metropolitaanse gebied: 10 630 inwoners / km² 824 inwoners / km² Hoogte bo seevlak: 6 m Oppervlakte: 1 213 km² waarvan 784 km² land Administrasie: 5 stadswyke Poskodes (zip codes): 10001-10292 Skakelkode: 212 Amptelike webwerf: www.nyc.gov Politiek Burgemeester: Zohran Mamdani (Demokratiese Party) Satellietbeeld 300px|senter

New York (Engels: [nuːˈjɔɹk ˈsɪɾi], ) of Nieu-York, amptelik Stad New York (City of New York) en dikwels New York Stad (New York City, [nuːˈjɔɹk]) genoem, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die digsbevolkte van die groter stede in Noord-Amerika.

duimnael|links|New York het ook in die tydperk van die groot weswaartse migrasie sy status as grootste stedelike nedersetting in die VSA gehandhaaf Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys). Die stad beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse. Die stad is ook die tuiste van die Verenigde Nasies, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word.

New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km². Dit is geleë in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wêreld vorm. Die stad beskik oor vyf boroughs: The Bronx, Brooklyn, Manhattan, Queens en Staten-eiland. Elkeen van hierdie boroughs, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word.

New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid.

New York dien ook as 'n reuse aandrywer van die wêreld se ekonomie – met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste bruto binnelandse produk in die wêreld gehad het, groter as dié van Switserland ($377 miljard) en amper gelyk aan dié van Rusland ($586 miljard).

Etimologie In 1664 is New York na die destydse hertog van York genoem (die latere koning Jakobus II van Engeland) genoem. Jakobus se ouer broer, koning Karel II, het hom as eienaar van die voormalige gebied Nieu-Nederland benoem, insluitende die stad Nieu-Amsterdam, toe die Koninkryk van Engeland dit van Nederland oorgeneem het.

Geskiedenis duimnael|links|Laer Manhattan in 1660, toe dit deel uitgemaak het van Nieu-Amsterdam thumb|left|Die standbeeld van die Engelse koning George III word in 1776 afgebring. duimnael|links|Die Vryheidstandbeeld in New York duimnael|links|Boubedrywighede by die Empire State-gebou (1930) duimnael|links|Die Wêreldhandelsentrum in Julie 2001 Toe die gebied van die huidige New York deur die eerste Europeër, die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano verken is, is dit deur die Lenape-Indiane bewoon. 'n Nederlandse pelshandelspos, wat later Nieuw Amsterdam genoem is, het in 1614 as die eerste Europese nedersetting aan die mees suidelike punt van die skiereiland Manhattan ontstaan. Die koloniale direkteur-generaal Peter Minuit het die skiereiland in 1626 na bewering vir glaskraletjies ter waarde van 24$ van die inheemse Canarsie-stam gekoop.

In 1664 is die Nederlandse kolonie deur die Britte verower, en ter ere van die destydse Britse troonopvolger, die hertog van York en latere koning Jakobus II van Engeland, is die stadnaam verander in New York.

Onder die Britse heerskappy het New York tot 'n belangrike handelshawe ontwikkel. In 1754 het die Columbia-universiteit, tans een van die oudste tersiêre instellings in die VSA, 'n oktrooi van koning George II as King's College in Laer Manhattan gekry. Op 9 Julie 1776 het George Washington se assistent die Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State vir sy troepe en die burgers van New York voorgelees, wat later Bowling Green bestorm het, waar ’n standbeeld van koning George III gestaan het. Hulle het toue aan die standbeeld gebind, dit van sy voetstuk getrek en sy liggaam na Litchfield, Connecticut, vervoer, waar die meeste van die lood van die standbeeld in 42,000 musketkruitballe vir die Kontinentale Leër omgesit is. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog was die stad die toneel van 'n reeks belangrike veldslae, wat later as die New Yorkse Veldtog bekend sou staan.

Die Kontinentale Kongres het in New York vergader, en in 1789 is die eerste President van die Verenigde State, George Washington, in die Federal Hall in Wall-straat ingesweer. New York is op 13 September 1788 tot hoofstad van die Verenigde State verklaar en het tot 1790, toe Philadelphia hierdie funksie oorgeneem het, as die administratiewe sentrum gedien. Eleanor Berman: DK Eyewitness Travel 2016 – New York City. New York: DK Publishing 2015, bl. 25

Gedurende die 19de eeu is die stad deur grootskaalse immigrasie, 'n visionêre ontwikkelingsplan (die Commissioner's Plan van die jaar 1811, wat die stad se straatrooster oor die hele Manhattan uitgebrei het) en die opening van die Eriekanaal in 1819, wat die Atlantiese seehawe met die groot landboumarkte van die Amerikaanse binneland verbind het, volledig verander. In 1835 het New York die Pennsilvaniese metropool Philadelphia as die grootste stad in die Verenigde State verbygesteek. Die plaaslike politiek het destyds onder die sterk invloed van Ierse immigrante gekom, terwyl welvarende koopmanne en handelaars die stigting van Central Park bevorder het – die eerste landskapstuin in 'n Amerikaanse stad, wat in 1857 geopen is.

Die ontsteltenis van burgers oor die verpligte krygsdiens gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) het aanleiding gegee tot die New Yorkse Dienspligonluste van die jaar 1863, van die ergste onluste in die Amerikaanse geskiedenis.

Die moderne New York is in 1898 deur die insluiting van Brooklyn, Manhattan en munisipaliteite in die ander stadswyke gevorm. Die opening van die nuwe moltreinstelsel (New York City Subway) in 1904 het die samesmelting van die voormalige onafhanklike stede met New York 'n aansienlike hupstoot gegee. New York het in die eerste helfte van die 20ste eeu tot 'n wêreldsentrum van nywerhede, handel en kommunikasie ontwikkel. Die brandramp in die Triangle Shirtwaist-fabriek, wat in 1911 die lewens van 146 werkers geëis het, was die ergste in die industriële geskiedenis van New York en het die stigting van die Internasionale Vakbond van Vrouewerkers in die Tekstielbedryf (International Ladies' Garment Workers Union) en verbeterde veiligheidsmaatreëls in nywerhede bevorder.

Gedurende die twintigerjare was New York 'n belangrike bestemming vir Afro-Amerikaners, wat in die Groot Migrasie vanuit die Suide na die noordelike deelstate verhuis het. In 1916 het die stad oor die grootste stedelike swart bevolking van die VSA beskik. Tydens die Amerikaanse Prohibisie het New York sterk gegroei en sy stadshorison is deur 'n groter aantal wolkekrabbers heeltemal verander. New York het in 1925 Londen as die grootste stad ter wêreld verbygesteek. Die moeilike jare van die Groot Depressie het aanleiding gegee tot die verkiesing van Fiorello LaGuardia, 'n hervorminggesinde politikus.

Terugkerende veterane van die Tweede Wêreldoorlog en immigrante uit Europa het 'n naoorlogse groeitydperk en die oprigting van groot woonstelblokke in die oostelike Queens bevorder. New York het vinnig sy posisie as die wêreld se beduidenste ekonomiese en finansiële sentrum begin inneem, en Wall-straat het met sy effektebeurs, banke en ander instellings die Verenigde State se ontwikkeling tot die belangrikste ekonomie ter wêreld bevorder. Die hoofkwartier van die Verenigde Nasies, wat in 1952 opgerig is, het die stad se internasionale politieke invloed beklemtoon, terwyl die abstrakte ekspressionisme, 'n kunsstyl wat deur plaaslike kunstenaars oorheers is, van New York die wêreld se kunshoofstad gemaak het.

Nogtans het die agteruitgang van die nywerheidsbedryf, groeiende misdaadsyfers en rasseonluste in die 1960's net soos in ander Amerikaanse stede baie blanke middelklasburgers uit die stad verdryf. In die 1980's het die finansiële sektor begin herstel en 'n groter belastinginkomste aan die stadsregering verskaf. Rassespannings het in die 1990's net soos misdaad duidelik afgeneem, en 'n nuwe golf immigrante uit Asië en Latyns-Amerika het hulle in New York gevestig. Nuwe tegnologieë en nywerheidsgebiede soos Silicon Alley het begin ontwikkel. In die Amerikaanse 2000-sensus het New York se bevolking die hoogste vlak ooit bereik.

Die stad is die ergste in die terreuraanvalle van 11 September 2001 getref, toe naastenby 3 000 mense in die twee torings van die Wêreldhandelsentrum gesterf het. Die nuwe Vryheidstoring (Freedom Tower), wat op die perseel opgerig is, is in Julie 2013 voltooi.

Geografie duimnael|Die waterweë van New York Stad: (1) Hudsonrivier, (2) East River, (3) Long Island Sound, (4) Newarkbaai, (5) Opper-New Yorkbaai, (6) Laer-New Yorkbaai, (7) Jamaicabaai, (8) Atlantiese Oseaan New York lê in die noordoostelike Verenigde State, in die suidooste van die deelstaat New York en halfpad tussen Washington, D.C. (228 myl van New York af) en Boston (217 myl). Sy ligging naby die monding van die Hudsonrivier, wat eers in 'n natuurlike veilige hawe en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan uitmond, het die ontwikkeling van die stad as 'n belangrike handelspos bevorder. 'n Groot deel van New York se stadsgebied is op die drie eilande Manhattan, Staten-eiland en die westelike Long Island geleë, en die tekort aan grond het tot 'n hoë bevolkingsdigtheid gelei.

Die Hudsonrivier vloei deur die Hudsonvallei en mond uit in New Yorkbaai. Tussen New York en Albany word die riviermonding reeds deur die getye van die see geraak. Die Hudson dien ook as die grenslyn tussen New York Stad en die deelstaat New Jersey. Die East-rivier (eintlik 'n seestraat wat eweneens deur die getye geraak word) vloei vanuit Long Island Sound en skei The Bronx en Manhattan van Long Island. Die Haarlemrivier, nog 'n seestraat wat deur die getye geraak word en tussen die East- en Hudsonriviere lê, skei Manhattan van The Bronx.