James Barry Munnik Hertzog, (3 April 1866, Wellington – 21 November 1942, Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse staatsman en generaal.J.B.M. Hertzog 2017. Britannica Academic. Geraadpleeg op 22 Mei 2017, van http://academic.eb.com.ez.sun.ac.za/levels/collegiate/article/JBM-Hertzog/40257 Hy was ook bekend as J.B.M. Hertzog en generaal Hertzog. Hy is die Suid-Afrikaanse regeringshoof wat die langste gedien het, van 1924 tot 1939. Hertzog het 'n belangrike rol in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner gespeel en het hom beywer vir die opbou van die Afrikaner na oorlog en armoede. Sy slagspreuk was "Suid Afrika Eerste" en hy was die grootste inspirasie vir die Voortrekkerbeweging.

Generaal Hertzog J.B.M. (Barry) Hertzog is gebore op 3 April 1866 op Wellington in die Kaapkolonie uit 'n ou Kaapse geslag Afrikaners. Hy was die agtste kind van Johannes Albertus Munnik Hertzog en Susanna Maria Jacoba Hamman. Sy name het hy by sy peetpa, James Barry Munnik, die landdros van Wynberg, gekry, wat op sy beurt genoem is na dr. James Barry, die dokter wat sy en sy ma se lewe gered het nadat hy die eerste keisersnee in Suid-Afrika uitgevoer het. Dr. Barry wou nie geld vir die operasie aanvaar nie, maar het gevra dat die baba se vader, Thomas Munnik, die seuntjie na hom noem.

Hertzog het in die regte studeer aan die Victoria-kollege (waar hy hom reeds geërg het aan die feit dat Engels i.p.v. Nederlands die voertaal wasDe geschiedenis van de Apartheid, deur: Brian Lapping (1986), bl. 57) en daarna aan die Universiteit van Amsterdam. Van 1892 tot 1895 het hy 'n regspraktyk in Pretoria (Zuid-Afrikaansche Republiek) gehad. In 1895 het hy regter in Bloemfontein (Oranje-Vrystaat) geword.

J.B.M. Hertzog is tydens die Tweede Boereoorlog (1899–1902) van kommandant tot generaal in rang bevorder. As generaal het hy saam met 'n groep Boeresoldate met sukses die Kaapkolonie binne gegaan.Grote Winkler Prins Encyclopedie, 7de Druk, dl. 9, bl. 356, deur: red. Winkler Prins (1976) Hy het die onderbevelvoerder van die leër van die Oranje-Vrystaat geword. Hy was gelief onder sy manskappe en 'n voorstander van guerrilla-aksies teen die Engelse. Hy was aanvanklik 'n voorstander van die voortgesette stryd tot die bitter einde, maar het later tot insig gekom dat verdere bloedvergieting sinneloos was en op 31 Mei 1902 was hy één van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging.

J.B.M. Hertzog was 'n vurige voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner en het hy 'n leidende rol gespeel in die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns) wat op 2 Julie 1909 opgerig is met die volgende as doel: De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst.

Hertzog as politikus en taalstryder duimnael|links|Die eerste kabinet van die Unie van Suid-Afrika in 1910 onder leierskap van eerste minister Louis Botha. Agter: J.B.M. Hertzog, Henry Burton, F.R. Moor, C. O'Grady Gubbins, Jan Smuts, H.C. Hull, F.S. Malan, David Graaff Voor: J.W. Sauer, Louis Botha, Abraham Fischer J.B.M. Hertzog het 'n vooraanstaande politikus in die Oranjerivierkolonie geword, soos die Oranje Vrystaat nou deur die Engelse genoem is. In 1906 was hy een van die oprigters van die Orangia Unie Party wat hom ten doel gestel het om die Afrikanerkultuur te behou met heftige verset teen assimilasie met die Engelse. In 1907, die jaar wat die Oranjerivierkolonie selfbestuur gekry het, tree Hertzog as prokureur-generaal en minister van Onderwys toe tot die kabinet van premier Abraham Fischer. In dieselfde jaar is hy ook vir die kiesafdeling Smithfield in die parlement verkies. Hy was vir 33 jaar parlementslid (eers in die parlement van die Oranjerivierkolonie, daarna, vanaf 1910, in die parlement van die Unie van Suid-Afrika).

J.B.M. Hertzog en M.T. Steyn het 'n leidende rol gespeel in die erkenning van Nederlands as amptelike taal van die Unie van Suid-Afrika, naas Engels op 31 Mei 1910. Reeds gedurende 1909 is onder leiding van Jan Smuts en John X. Merriman 'n konsepgrondwet opgestel, wat vir die beginsel van twee amptelike tale voorsiening gemaak het, maar dit was vir Hertzog en M.T. Steyn nie genoeg nie. Hertzog het 'n wysiging van die konsepgrondwet opgestel (artikel 137), wat hy persoonlik onderteken het, wat as volg lui: De engelse alsmede de hollandse talen zijn officiële talen van de Unie. Zij worden op een voet van gelijkheid behandeld en bezitten en genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten. Alle akten, verslagen en verrichtingen van 't Parlement worden in beide talen gehouden, en wetsontwerpen, wetten en kennisgevingen van algemeen publiek gewicht of belang door de Regering van de Unie uitgegeven, zijn en geschieden in beide talen. Artikel 137 is uiteindelik aanvaar in die Zuid Afrika-wet waardeur die vier koloniale gebiede omvorm sou word tot die Unie van Zuid-Afrika.

As minister van Onderwys van die Oranjerivierkolonie het hy hom vir tweetaligheid (Nederlands/Engels) in die onderwys beywer. Ook het hy vir gelykberegtiging tussen die twee tale gestry, want na die Anglo-Boereoorlog was Engels die dominante onderwystaal in die Oranje Vrystaat. Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika het Hertzog gedien as minister van Justisie onder die eerste premier van die Unie, Louis Botha. Hertzog het baie moeite gehad om onder Botha te dien, want vir Hertzog was Botha te' laaggeskoold en te ongekultiveer om die pos van 'n eerste minister te beklee.

Hertzog was minister van justisie tot 1912, toe hy in konflik gekom het met Botha oor Botha se pro-Engelse beleid. Hertzog het 'n tweestroom-beleid voorgestaan waarvolgens die Afrikanerkultuur langs die Engelse kultuur sou bestaan. Botha het 'n konsiliasie-beleid BJ Liebenberg: Botha en Smuts aan bewind, 1910–1924. In CFJ Muller, 1985: p 391 voorgestaan, waar Boer en Brit één moes word in 'n nuwe kultuurgroep. Die taal van die nuwe kultuurgroep was vir Botha onbelangrik en was hy tevrede met Engels as taal vir die nuwe kultuurgroep.

Stigting van die Nasionale Party duimnael|links|Huisgenoot plaas in September en Oktober 1957 'n reeks voorblaaie van Suid-Afrikaanse leiers. Hertzog kom op 16 September aan die beurt. duimnael|regs|270px|Genl. Hertzog en sy vrou, Wilhelmina (née Neethling). Hertzog het die Suid-Afrikaanse Party van Botha verlaat en rig in Julie 1914 met enkele "Ou Boere" (veterane van die Tweede Boereoorlog wat altyd anti-Engels en anti-imperialisties gebly het) die Nationale Partij op, wat in die volksmond bekend gestaan het as Natte of (NP), en in Afrikaans vertaal is met Nasionale Party. Die NP het homself ten doel gestel om die Afrikaner volksmassa te emansipeer (bevry), die Afrikanerkultuur te behou en die magsmonopolie van die Engelse elite te breek. Die NP was ook 'n voorstander van segregasie van blankes en swartes ("apartheid") en 'n teenstander van die stemreg vir swartes ("Naturelle").

In 1916 het Gordon Tomlinson van Vredefort 'n voorstel ingedien om Afrikaans te gebruik as taal van die Vrystaatse Nationale Partij. J.B.M. Hertzog het kapsie gemaak en dit duidelik gemaak dat hy (Hertzog) Afrikaans nie goed beheers het nie. Herzog het ook hier te kenne gegee dat as hy gedwing sou word om Afrikaans te gebruik, hy as voorsitter van die hoofbestuur sou bedank, want in de Grondwet wordt gesproken van Hollands en niet van Afrikaans.Steyn J.C.: Trouwe Afrikaners, Aspekte van Afrikanernasionalisme en Suid-Afrikaanse taalpolitiek 1875–1938: Kaapstad, Tafelberg Uitgewers, bl 73

Net soos Hertzog, was ook 'n ander prominente leiersfiguur voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner en dit was Onze Jan Hofmeyr. Onze Jan Hofmeyr was ook net soos Hertzog, voorstander van die behoud van goeie bande met die Kleurlinggemeenskap. So haal Die Burger van 14 Oktober 1921 genl. Hertzog aan, waar hy oor die Kleurlinggemeenskap skryf: "Hy is deel van ons...Die Kleurling het sy stem in die Kaapprovinsie en dit kan hom nie ontneem word nie...Ons kan die stemreg van die Kleurlinge nie weerhou nie. Ons wil hulle eerlik behandel en hulle as ons vriende beskou".Steyn, J.C.: Tuise in eie taal; Die behoud en bestaan van Afrikaans: Kaapstad, Tafelberg Uitgewers: 1980, bl 448-449

Tydens die Maritz-rebellieMaritz-rebellie: Opstand van Afrikanernasionaliste onder leiding van kol. Manie Maritz – met Duitse hulp – teen die Engelse aan die begin van die Eerste Wêreldoorlog het Hertzog besluit om neutraal te bly. Hertzog het hom ook verset teen die Suid-Afrikaanse deelname aan die Eerste Wêreldoorlog aan die kant van Engeland en het neutraliteit bepleit. In 1919 volg Jan Smuts premier Botha (†) op. Ondanks die feit dat Hertzog en Smuts persoonlik goed met mekaar oor die weg gekom het, het hulle politiese opvattings lynreg teenoor mekaar gestaan. Smuts het die koers van Botha gevolg en Hertzog het hom bly verset teen die Engelse hegemonie.

By die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1915 het die Nasionale Party slegs 27 setels gekry, maar by die parlementsverkiesing van 1920 het die NP met 44 setels die grootste party geword. Danksy enkele oorwegend Engelstalige partye kon die Suid-Afrikaanse Party onder Smuts die mag behou.

Premier duimnael|links|J.B.M. Hertzog as premier. duimnael|regs|300px|Genl. Hertzog en sy vrou, Wilhelmina, op 27 Augustus 1933, die dag waarop die Afrikaanse Bybel amptelik in gebruik geneem is, buite die Bosmanstraatse NG kerk. Hy hou die Bybel vas wat ds. Charles Murray (middel) aan hom oorhandig het.

Smuts het aanvanklik ook die steun van die armblankes geniet, maar nadat Smuts in 1922 die leër opdrag gegee om 'n mynwerkerstaking van blanke arbeiders aan die Rand met geweld te onderdrukDe geschiedenis van de Apartheid, deur: Brian Lapping (1986), bl. 61 het hy die steun verloor. Hertzog het skerp stelling ingeneem teen die geweld en het opgetree as verdediger van die regte van die armblanke arbeiders. By die parlementsverkiesing van 1924 verkry die gekombineerde Nasionale Party-Arbeidersparty die absolute meerderheid in die Volksraad (tweede kamer van die Parlement van Suid-Afrika). Hertzog het premier geword van 'n kabinet waarin die NP- as (twee) Arbeidersparty-politici sitting gehad het. Kolonel Creswell (minister van Verdediging) van die Arbeidersparty het vise-premier geword.

In 1927 is die vlag van Suid-Afrika verander en saam met "God save the King" is "Die Stem van Suid-Afrika" as die amptelike volkslied van die Unie van Suid-Afrika (1927) aanvaar. Ook wat die taalbeleid en die standpunte oor die Kleurlinggemeenskap betref, het Hertzog en Malan lynreg teen mekaar gestaan. Hertzog was van mening dat Nederlands nog altyd ons kultuurtaal was en dat ons hierdie taal deel met die Vlaminge en Nederlanders soos ook die Amerikaners en Australiërs 'n gemeenskaplike taal deel met die Engelse. Malan was van mening dat Nederlands 'n buitelandse produk was. Hertzog wou die Kleurlinge op die kieserslyste hou, terwyl Malan die Kleurling van die kieserslyste wou skrap.

By die parlementsverkiezing van 1929 het die NP die absolute meerderheid in die Volksraad verkry en die Arbeidersparty is as koalisieparty laat vaar. Desondanks kon Frederic Creswell en sy sosialistiese kollega, wat intussen uit die Arbeidersparty geskors is, as vise-premier aanbly, ondanks verset van die Kaapse afdeling van die NP.