duimnael|links|Standbeeld van Oscar Wilde in Dublin se Merrion Square Park (Archbishop Ryan Park). duimnael|links|"The Peacock Skirt", geïllustreerd deur Aubrey Beardsley vir Wilde se opvoering Salomé Oscar Fingal O'Flahertie Wills Wilde (16 Oktober 1854 – 30 November 1900) was 'n Anglo-Ierse skrywer, digter, dramaturg en kortverhaalskrywer.

Biografie Geboorte en vroeë lewe Wilde is gebore op 16 Oktober 1854, binne 'n Protestante Anglo-Ierse familie, in 21 Westland Row, Dublin. Sy ouers was Sir William Wilde en sy vrou Jane. Jane was 'n suksesvolle skrywer en 'n Ierse nasionalis, bekend as 'Speranza', terwyl Sir William Ierland se bekendste oor- en oogspesialis was, en het boeke geskryf oor argeologie.

Na studie aan die Trinity-kollege, Dublin, en in Oxford, waar hy ʼn graad met lof ontvang het, het hy in 1881 die digbundel Poems gepubliseer. In 1882 het hy lesings in die VSA en in Kanada gelewer en in 1883 na Engeland teruggekeer om daar lesings oor Amerika te hou.

Wilde is in 1884 met Constance Lloyd getroud en 2 kinders is uit die huwelik gebore. 'n Vriendskap tussen hom en 'n jonger man, lord Alfred Douglas, het tot sy vervolging gelei en tussen 1895 en 1897 het hy gevangenisstraf uitgedien.

Literêre werke In die tronk het hy The ballad of Reading Goal (1898) geskryf waarin hy onder meer die onmenslike omstandighede in die gevangenis blootlê. Na sy vrylating het hy in Frankryk gaan woon.  Wilde het sy grootste bydrae tot die wêreldletterkunde op die gebied van die drama gelewer.

Veral belangrik is Lady Windermere's fan (1892), An ideal husband (1899), Salomé (1893; in Frans) en sy meesterstuk The importance of being Earnest (1895). The happy prince and other tales (1888) is een van die klassieke Engelse kinderverhale, en sy enigste roman, The picture of Dorian Gray (1891), is 'n vindingryke werk waarin die skoonheid op 'n enigsins dekadente wyse verheerlik word.

Wilde was die leier van die estetiese beweging van die laat 19e eeu en vurige bepleiter van die beskouing "kuns om kunsonthalwe". Sy bewondering vir die estetiese en sy uitdagende houding,byvoorbeeld die opset met Salomé, het hom in die Victoriaanse Brittanje dikwels die onderwerp van spot en kritiek gemaak. Hy is op 30 November 1900 in  Parys, Frankryk, oorlede.

Bibliografie Digkuns Gedigte (1881) The Ballad of Reading Gaol (1898)

Bronnelys

Wêreldspektrum, 1982, , volume 29, bl. 130

Kategorie:Ierse digters Kategorie:Ierse dramaturge Kategorie:Ierse skrywers Kategorie:Geboortes in 1854 Kategorie:Sterftes in 1900