Goethiet is 'n mineraal met formule . Dit is die ortorombiese α-allotroop van yster(III)oksiedhidroksied. Dit is na die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe genoem wat ook 'n mineraalversamelaar was.

Hierdie mineraal word volop in die grond en sediment op Aarde en is selfs op Mars se oppervlak aangetref.

Magnetisme Die mineraal se teenwoordigheid is kenmerkend aan die vorming en die latere geskiedenis van 'n sediment. Verwering is die rede vir sy vorming en sy magnetiese eienskappe maak dit 'n belangrike mineraal in die navorsing van paleomagnetisme wat tydens sy vorming geheers het.

Goethiet is ferrimagneties met die c-as as die eenvoudigste magneetrigting. Dit het 'n Néel-temperatuursoms ook Curie-temperatuur genoem by ferrimagnetisme van gemiddeld 102 °C. In die temperatuurbereik van 300 – 400 °C ontbind die mineraal en vorm α- (hematiet) wat 'n Néel-punt van 680 °C uitwys. Die anisotropiekonstante K = 90 ± 20 J/m3 volgens die kamertemperatuurbepaling van Martin-Hernandez en García-Hernández.

Kristalstruktuur Goethiet is isostruktureel met diaspoor (AlO(OH)). Dit bestaan uit 'n heksagonale digpakking van suurstofatome (altwee oksied-- en hidroksied--ione) in die -rigting van die Pnma-sel gestapel. Tussen hierdie lae is (hoë-spin) Fe(III)-ione wat die helfte van die oktaëdriese holtes vul. Hulle is in dubbelrye gerangskik. Daar is dubbelrye van leë holtes tussen hulle, wat aan die oppervlak van die kristal as striasie sigbaar kan wees. Die ysterioon word deur 3 - en 3 -ione omring in 'n effens vervormde -oktaëder. 'n Dubbelketting van oktaëders wat rande deel loop ewewydig aan die -rigting. Van die -ione is ook deur die proton van 'n hidroksiedioon verbind deur waterstofbindings wat deur die lëe oktaëderholtes strek. Die leë oktaëders vorm 'n soort tonnelstruktuur deur die kristal.The Iron Oxides: Structure, Properties, Reactions, Occurrences and Uses John Wiley & Sons, 2003, ,

Verwysings

Kategorie:Minerale